top of page

PREEK 7 Junie 2020

PREEK 7 Junie 2020 Vooraf video Goeie môre julle almal. Baie welkom by vandag se Taizé. Vanoggend se erediens bestaan uit ’n stil diens, waar jy so bietjie gaan stil word en nadink oor die tema van Lig. Ons lees saam vanuit Genesis 1: 1-4. Kry ook gerus vir jou ’n kers, wat jy deur die loop van die erediens gaan aansteek. Indien jy hierdie erediens lees nooi ek jou ook nou uit om rustige musiek in jou huis aan te sit. Musiek speel: Daar waar jy jouself nou bevind, word sommer net vir ’n oomblik stil en rustig..... Hoe gaan dit met jou? Gebed: Musiek speel vir ’n oomblik Votum: Psalm 23: 'n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae. Seëngroet: Gemeente, julle word vanoggend gegroet in die naam van God die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Skriflesing: Genesis 1: 1-4 In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei. Neem ’n oomblik vir jouself en lees weer die vers Ons word elke dag oorrompel met donkerte in ons lewens. Bekommernis, verlies, pyn, hartseer, moegheid, onsekerheid, angs, depressie. Dalk sit jy sonder werk, of jou koskas is leeg! godWatter donkerte is daar in jou lewe? In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters. Dit voel partymaal of my hart, gedagtes en gemoedstoestand ’n onbewoonbare plek. ’n Plek wat oorheers word deur ’n klomp dinge. Donker dinge! Daar is tye in elkeen se lewe waar dit voel of alles binne-in jou onbewoonbaar is. Kom ons buig ons hoofde in gebed en vra nou vir die Here dat Hy ook vir ons nou die gemoed en dapperheid sal skenk om vir ’n oomblik diep onder die onbewoonde waters van ons lewens in te duik en dat Hy ons in hierdie proses sal beskerm. Kom ons bid die Almagtige Skepper en Sy Gees se hande van vertroue oor ons lewens. Stilgebed: Gebed deur die leraar: Vader, Seun en Heilige Gees – ons betree nou donker dieptes in ons lewe. Ons word vir ’n oomblik blootgestel aan die dinge in ons lewe wat eens baie seer was, of dalk nog steeds is. Almagtige Drie-eenheid, kom verlig ons. Amen. Skrif: In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei. Luister na die Musiek vir ’n oomblik Die Gees van God het oor die waters van onbewoonbaarheid en donkerte gesweef. God het nie weg gekruip vir die donkerte nie. Hy was ook nie bang nie. God het sy Gees beveel om oor die waters te sweef. Luister na die Musiek vir ’n oomblik God is ook ons donkerste oomblikke. Hy is die Lig, die Ware Lig. Hy ontvlug nie van sy kinders wat hulself in baie moeilike omstandighede bevind nie. God wil woorde van lig in ons lewens inspreek. Die heel eerste Goddelike uitspraak wat ons in die Bybel lees, is dié woorde uit die eerste skeppingsverhaal: “Laat daar lig wees!” Woorde van lig, is woorde van bevryding, woorde van genesing, woorde wat die donker, swaar plekke in ons lewens verlig. Luister na die Musiek vir ’n oomblik Dis nie verniet dat lig later simbool word van God self nie. Lig maak lewe moontlik. Dit bring uitsig en vooruitsigte. Daarom dat Johannes in sy Evangelie oor Jesus skryf: “In Hom was daar lewe, en die lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis en die duisternis kon dit nie uitdoof nie.” Jesus is die lig, maar hy sê ook vir dié wat Hom volg: “Julle is die lig vir die wêreld. Gun jouself ’n oomblik bietjie te reflekteer oor die betekenis van die woorde: “Julle is die lig vir die wêreld.” Luister na die Musiek vir ’n oomblik Ons is nie gemaak sodat ons met donkerte binne-in ons moet rondloop nie. Ons is beelddraers, Ligdraers van God. Amen. Ek nooi jou uit om nou ’n kers aan te steek en dit vir die dag in jou huis te laat brand. Mag die kers jou herinner dat jy ’n ligdraer van God is. Gebed:

4 views0 comments

Recent Posts

See All

PREEK 18 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Aankondigings: Gebed: Votum: Psalm 103:1 -2 ‘n Psalm van Dawid. Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die HERE, o my siel, en vergeet

PREEK 11 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Aankondigings: Votum: “Ons hulp is in die Naam van die Here, wat hemel en aarde gemaak het. Mag wat ons sê en wat ons dink tog vir U aanneemlik wees, Here, ons Rots en ons Verlosse

PREEK 4 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Speel die video wat vroeër die jaar op Facebook geplaas is. Oomblik van stilte en waardering vir die saamwees. ’n Oomblik van inneem. Votum: Voorganger: Ewige God, U het ons geroep om le

bottom of page