top of page

PREEK 18 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Aankondigings: Gebed: Votum:

Psalm 103:1 -2 ‘n Psalm van Dawid. Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!

Seëngroet: Liedere: Iets oor Christenskap Wet: Heidelbergse Kategismus vraag en antwoord 21 – 23 Vraag 21: Wat is 'n ware geloof?

Antwoord: 'n Ware geloof is nie alleen 'n vasstaande kennis waardeur ek alles wat God in sy Woord aan ons geopenbaar het (a) vir waar aanvaar nie, maar ook 'n vaste vertroue (b) wat die Heilige Gees (c) deur die evangelie in my hart werk (d), naamlik dat God nie net aan ander nie, maar ook aan my uit loutere genade, slegs op grond van die verdienste van Christus (e), vergewing van sondes, ewige geregtigheid en saligheid (f) geskenk het.

(a)Jak 2:19. (b) Heb. 11:1, 7; Rom 4:18-21; 10:10; Ef. 3:12; Heb. 4:16; Jak 1:6. (c) Gal 5:22; Matt 16:17; 2 Kor. 4:13; Joh 6:29; Ef. 2:8; Fil 1:19; Hand 16:14. (d) Rom 1:16; 10:17; 1 Kor. 1:21; Hand 10:44; 16:14. (e) Ef. 2:8; Rom 3:24; 5:19; Luk. 1:77, 78. (f) Rom 1:17; Gal 3:11; Heb. 10:10, 38; Gal 2:16.

Vraag 22: Wat moet 'n Christen glo?

Antwoord: Alles wat in die evangelie aan ons beloof word (a) en wat die artikels van ons algemene en ongetwyfelde Christelike geloof ons in hoofsaak leer. (a)Joh 20:31; Matt 28:19; Mark 1:15.

Vraag 23: Hoe lui die artikels?

Antwoord: (1) Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde. (2) En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; (3) wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria; (4) wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en neergedaal het na die hel; (5) wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dood; (6) opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, (7) waarvandaan Hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel. (8) Ek glo in die Heilige Gees. (9) Ek glo aan 'n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges; (10) die vergewing van sondes; (I1) die opstanding van die liggaam (12) en 'n ewige lewe.

Skriflesing: Filippense 1: 1-11 Tema: Nuwe oë na Christenskap

1 Paulus en Timotheus, diensknegte van Jesus Christus, aan al die heiliges in Christus Jesus wat in Filippi is, saam met die opsieners en diakens: 2 Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus! 3 Ek dank my God elke maal as ek aan julle dink – 4 en ek bid altyd in al my gebede vir julle almal met blydskap – 5 oor julle gemeenskap aan die evangelie van die eerste dag af tot nou toe, 6 omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus; 7 soos dit vir my reg is om dit van julle almal te dink, omdat ek julle in my hart dra, aangesien julle almal in my boeie sowel as in die verdediging en bevestiging van die evangelie my deelgenote in die genade is. 8 Want God is my getuie hoe ek na julle almal verlang met die innige tederheid van Jesus Christus. 9 En dit bid ek dat julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag word in kennis en alle ervaring, 10 om die dinge waar dit op aankom, te onderskei, sodat julle rein en vir niemand ‘n aanstoot mag wees nie, tot op die dag van Christus, 11 vervul met die vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christus tot heerlikheid en lof van God.

Skizzels video:

  • As ek blaf soos ’n hond, maak dit my ’n hond?

  • As ek meow soos ’n kat, maak dit my ’n kat?

  • Wat maak my christen?

Prediking:

Christenskap, ’n woord, ’n term, ’n verwysing, ’n groepering, ’n identifisering wat partykeer te maklik gebruik word. Is jy ’n christen? Ek sal so vertrou ja. Indien jy wel ’n christen is, moet jy dalk vir ’n slag jouself afvra: hoekom is ek ’n christen? Hoekom vereenselwig jy jouself met ’n groep mense wat hulself christene noem? Interessant genoeg: daar is ongeveer 2,518,834,000 christene in die wêreld. 33% van die wêreld bevolking. In Suid-Afrika is daar omtrent 43,090,000 christene. 79.8% van die Suid-Afrikaanse bevolking. Daar word beweer dat christenskap 5 keer vinniger in die wêreld groei as wat ateïsme groei. Daar word ook bereken dat ongeveer 90-100 miljoen Bybels ’n uitgedruk en versprei word. Daar is ook ongelukkig ’n baie negatiewe konnotasie wat gekoppel word aan christenskap. Die samelewing is van mening dat ’n christen nie vertrou kan word weens skynheiligheid, skelmstreke en agterbaksheid. ’n Gedeelte van die 33% wêreldbevolking wat sê dat hulle christene is se lewenstyl stem nie ooreen met wat hulle glo nie en dit rig skade aan die naam van christenskap en al die werk wat gedoen word in die naam van Jesus. Ek het van u op Facebook en dit is vir my hartseer en skok wekkend wat u op van tyd tot tyd op sosiale media deel en die kommentare wat partykeer gelos word by sekere nuusberigte. Dit is soms vir my moeilik om te verstaan hoe iemand op ’n Sondag in ’n erediens voor die Here en tussen ander gelowiges bely dat hy/sy van harte ’n kind van die Here is, maar die lewe buite hierdie mure stem nie ooreen met dit wat binne die mure gebeur nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ons almal is vol sonde en lewe nie altyd die mooi en rein lewe wat van ons verwag word nie, maar ons moet besef dat wanneer ons bely dat ons ’n christen is, daar van ons verwag word om anders op te tree en te lewe. Dit is hier waar Filippense 1:1-11 ons vanoggend help. Filippense 1 verskaf vir ons leiding rakende hoe ons as Christine veronderstel is om te lewe en wat ons anders maak as ander godsdienste. Kom ons kyk vanoggend ook met nuwe oë na ons eie geloof. Ons is ’n gemeenskap aan die evangelie Christenskap is nie ’n cult of warm gevoel klub of omgee vriendekring nie. Ons is ’n gemeenskap wat verbind word aan die evangelie, aan die Goeie Nuus. ’n Koinonia. Vennote in die evangelie. Paulus begin die inhoud van sy brief met waardering en danksegging, veral omdat hulle vennote in die verkondiging van die evangelie geword het (vers 5). Paulus sien hierdie gemeenskap as die plek waar die genade van God regtig sy werk gedoen het in die praktyk van hulle lewe. Liefde Agape is die woord wat gebruik word vir liefde in Filippense. Agape is ’n onbaatsugtige, offerande, onvoorwaardelike liefde. Dit is die hoogste van die vier soorte liefde in die Bybel. Agape beskryf perfek die soort liefde wat Jesus Christus het vir sy Vader en vir sy volgelinge. Agape is die term wat God se onmeetbare, onvergelykbare liefde vir die mensdom definieer. Dit is sy voortdurende, uitgaande, selfopofferende saak vir verlore mense. God gee hierdie liefde sonder voorwaarde. ’n Eenvoudige manier om agape op te som, is God se goddelike liefde. Een belangrike aspek van agape liefde is dat dit strek bo emosies. Dit is veel meer as 'n gevoel of sentiment. Agape liefde is aktief. Dit demonstreer liefde deur aksies. Paulus sê dat hierdie soort liefde ’n eienskap van Christenskap is.

Te onderskei

Ons as gelowiges moet deur oordeelkundige waarneming, insig en onderskeidingsvermoë kan vasstel wat die beste en deuglikste is en wat die swaarste weeg. Gelowiges moet nie net kan onderskei tussen goed en kwaad op godsdienstige gebied nie, maar moet kan vasstel wat wesenlik van waarde is; ons moet kan beoordeel wat goed en wat beter is en moet ons prioriteite in geestelike opsig reg hê op grond van ’n diep-geestelike insig in die wese, aard en waarde van dinge.

Hierdie onderskeidingsvermoë lei dan tot die volgende twee eienskappe: Rein en nie vir iemand ’n aanstoot wees nie. Ons moet ’n rein en onbevlekte lewe lei. Ons moet onberispelik teenoor ander wandel sonder om aanstoot te gee of ’n oorsaak van struikeling vir ander te wees.


Laastens: ons moet Vervul wees met die vrug van geregtigheid. ’n Lewe wat reg is voor God en volgens sy wil en maatstaf ingerig is.


Op die ou end, wanneer ons leef binne die gemeenskap van Koinonia en met liefde omgaan, wanneer ons die kan onderskei, rein voor God lewe, nie ’n aanstoot vir iemand anders is en vol is van geregtigheid, loop dit uit op die ons basiese bestaansdoel as gelowige: om te lewe tot heerlikheid en lof tot God. Matteus 5: 16 sluit hierby aan: “Laat julle lig so voor die mense skyn dat hulle julle werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”


Gemeente, hoe kyk jy na die jou geloof? Hoe sien jy die christenskap en die christendom rondom jou?


Amen.

Gebed:


Liedere:

Praat ek mense engele tale

Men of faith


Seën:


96 views0 comments

Recent Posts

See All

PREEK 11 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Aankondigings: Votum: “Ons hulp is in die Naam van die Here, wat hemel en aarde gemaak het. Mag wat ons sê en wat ons dink tog vir U aanneemlik wees, Here, ons Rots en ons Verlosse

PREEK 4 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Speel die video wat vroeër die jaar op Facebook geplaas is. Oomblik van stilte en waardering vir die saamwees. ’n Oomblik van inneem. Votum: Voorganger: Ewige God, U het ons geroep om le

PREEK 27 SEPTEMBER 2020 – DS. RYNO HURN

Kerkklok lui Lied: Ek sal op U vertrou (Kinderlied) Verwelkoming: Aankondigings: Kerkraad vergader môreaand om 18H00 Verjaarsdae: Coleman Kyle 09/ 27 Noeth Marlene 09/ 28 Croucamp Amory 0

bottom of page