top of page

KORONAVIRUS

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het Covid-19 op 11 Maart 2020 as ’n pandemie verklaar. President Cyril Ramaphosa het op Sondag 15 Maart 2020 ’n ramptoestand verklaar en ’n aantal drastiese reëlings in plek gestel.

 

NOODNOMMERS

  1. Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes: 080 002 9999

  2. Unitas Hospitaal: 012 677 8000

  3. Regering se WhatsApp: 060 012 3456
    Die departement van gesondheid het ’n WhatsApp-diens geloods om alle Suid-Afrikaners op die hoogte te hou van die virus:
    1. Voeg hierdie nommer by kontaklys: 060 012 3456
    2. Stuur ’n boodskap met die woord “Hi” na die nommer

 

DIE WET

  1. Die Nasionale algehele inperking geld vanaf Donderdag nag 26 Maart 2020 om 00:00. President Cyril Ramaphosa se toespraak op 23 Maart 2020 oor die inperking kan hier afgelaai word: https://67b4adac-65ff-454e-8fa3-3c84977ccf3c.usrfiles.com/ugd/67b4ad_39e570387d974919861b2c42307c5621.pdf

  2. Die reels en regulasies in plek word in werking getree volgens Wet 57 van 2002 (Wet op Rampbestuur): https://67b4adac-65ff-454e-8fa3-3c84977ccf3c.usrfiles.com/ugd/67b4ad_2f750cac79134d59aec8e3881d5fbb68.pdf

  3.  Gesigsmaskers moet voldoen aan die nuwe riglyne van die Suid-Afrikaanse regering vir sulke maskers: https://67b4adac-65ff-454e-8fa3-3c84977ccf3c.usrfiles.com/ugd/67b4ad_316a687e85e643afa1371b706dc07337.pdf

  4. Regulasies is gepubliseer (Staatskoerant 43164, Volume 657 van 26 Maart 2020) wat vereis dat alle webwerwe wat op “co.za” eindig ’n skakel na die departement van gesondheid se Covid-19-portaal bevat: https://67b4adac-65ff-454e-8fa3-3c84977ccf3c.usrfiles.com/ugd/67b4ad_8ed97fe3321447e49aa2f52938d9615b.pdf

  5. Thulas Nxesi, minister van Arbeid, het riglyne vir die werksplek vir die bekamping van Covid-19 aangekondig (Staatskoerant 43257, Volume 658 van 29 April 2020). Kerkkantore met minder as tien werknemers moet veral op klousule 40 let : https://67b4adac-65ff-454e-8fa3-3c84977ccf3c.usrfiles.com/ugd/67b4ad_dd5809da632148fe8ddf88be4268954b.pdf

  6. Spesiale regulasies (Regulasiekoerant 11098, Staatskoerant 43258, Volume 480 van 29 April 2020) wat Dr. Nkosazana Dlamini Zuma in terme van die Wet afgekondig het: https://67b4adac-65ff-454e-8fa3-3c84977ccf3c.usrfiles.com/ugd/67b4ad_cd080356dddb4965b413f7040b825244.pdf

  7. Die spesiale regulasies (Goewermentskennisgewing 609, Staatskoerant 43364, Volume 659 van 28 Mei 2020) wat dr. Nkosazana Dlamini Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, in terme van die Wet op 28 Mei 2020 afgekondig het (Die reëls vir eredienste onder Vlak 3), is hier beskikbaar: https://67b4adac-65ff-454e-8fa3-3c84977ccf3c.usrfiles.com/ugd/67b4ad_71305e3d5c0e4a35bc47064c8034056f.pdf

  8. Die spesiale regulasies (Goewermentskennisgewing 608, Staatskoerant 43364, Volume 659 van 28 Mei 2020) wat Dr. Nkosazana Dlamini Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, in terme van die Wet op 28 Mei 2020 afgekondig het (Vasstelling van waarskuwingsvlakke): https://67b4adac-65ff-454e-8fa3-3c84977ccf3c.usrfiles.com/ugd/67b4ad_136ca62557104ccf97e22e2b65382a84.pdf

TOETSSENTRUM VIR COVID-19

 

Lancet: 998 Saxby Ave, Eldoraigne, Centurion, 0157

Ampath:  S L4 Lower Level Netcare Unitas Hospital, Lyttelton, Clifton Ave, Lyttelton Manor, Centurion, 0157

 

SPESIALE MAATREËLS VAN DIE KERKKANTOOR VAN DIE NED. GEREF. GEMEENTE VALHALLA

WERKGEWER

  1. ’n Covid-gereedheidsplan vir die werkplek (“workplace plans”) is opgestel om alle nodige maatreëls in plek te stel voor die kerkkantoor heropen.

    1. Klein ondernemings kan slegs ’n basiese gereedheidsplan hê. Let veral op klousule 40: https://67b4adac-65ff-454e-8fa3-3c84977ccf3c.usrfiles.com/ugd/67b4ad_dd5809da632148fe8ddf88be4268954b.pdf

    2. Medium- en groter ondernemings moet volgens die voorskrifte van regulasie 16(6)(b) ’n meer gedetailleerde geskrewe plan ontwikkel, gegewe die groter getal persone by die werkplek. Sien Annexure E: Workplace Plans, Regulation 16(6)(b): https://67b4adac-65ff-454e-8fa3-3c84977ccf3c.usrfiles.com/ugd/67b4ad_7e410b05628a426cbcce549500323561.pdf​

  2. Werkgewers moet ’n afskrif van hul Covid-gereedheidsplan vir die werkplek byderhand hê vir inspeksie.

  3. Die Covid-19 span by die Ned. Geref. Gemeente Valhalla is: Ds. Ryno Hurn, Dawie Botes, Marnes van der Walt, Ian Bezuidenhout en Toon Slabbert.

  4. ’n Covid-19-nakomingsbeampte moet aangewys word. Mnr. Dawie Botes is aangewys as die Covid-19-nakomingsbeampte by die Ned. Geref. Gemeente Valhalla.

  5. Lokaal: Gebedskamer is die kerk se isolasiekamer.

  6. As ’n personeellid simptome van Covid-19 toon terwyl hy/sy by die werk is, moet die werkgewer:

    1. ’n FFPI chirurgiese masker (“FFP1 surgical mask”) en vervoer voorsien op so ’n wyse dat ander werkers of lede van die publiek nie in gevaar gestel word nie (“in a manner that does not place other workers or members of the public at risk either”);

    2. toesien dat die personeellid in die isolasiekamer bly totdat die nodige reëlings getref is vir die vervoer van die persoon na sy/haar huis;

    3. die nasionale Covid-19 noodnommer (“hotline”) in geval van nood bel;

    4. toesien dat die werker getoets word; en

    5. dit by die aanmeldings punte van COVID-19 aanmeld.

  7. Die werkgewer is verplig om aan sowel die Departement van Gesondheid as die Departement van Arbeid en Indiensneming verslag te doen as ’n werknemer met Covid-19 gediagnoseer word. Die werkgewer moet dan ondersoek instel na die oorsaak van die besmetting, insluitend enige kontrole versuim (“including any control failure”) in die werkplek.

  8. Die werkgewer moet enige ander maatreëls tref wat deur ’n risiko-evaluering bepaal word (“take any other measures indicated by a risk assessment”).

  9. Alle werknemers moet aangemoedig word om tuis te werk, tensy dit onmoontlik is om dit te doen. Nie almal kan van die huis af werk nie: sekere poste/beroepe vereis dat persone na en van hul werkplek reis.

  10. Die aantal werknemers wat op enige gegewe tyd by die werkplek is, word beperk. Dit geskied deur ’n skofstelsel. “include dividing the workforce into groups or staggering break-times to avoid the concentration of workers in common areas.”

  11. ’n Lys moet opgestel word van

    1. personeel wat tuis kan werk;

    2. personeel wat 60 jaar of ouer is; en

    3. personeel met komorbiditeite (newe-siektetoestande) van wie verwag sal word dat hulle tuis bly of van die huis af werk.

  12. Alle personeellede moet toegang tot seep, water en ontsmettingsmiddel hê wat op werkstasies sowel as hande gebruik kan word.

  13. Interne vergaderings sowel as vergaderings met kliënte (gemeentes, kerkrade en leraars) moet waar moontlik met virtuele konferensies plaasvind.

  14. Die potensiële weerlose groep werknemers vir infeksie is dié wat met openbare vervoer reis. Werkgewers moet planne beraam sodat werknemers veilig na en van die werkplek vervoer kan word.

PERSONEEL

  1. Personeel moet soggens by ontvangs aanmeld. Hulle temperatuur sal gemeet en in ’n logboek aangeteken word en getoets word vir enige van die waarneembare simptome geassosieer met Covid-19 (“any of the observable symptoms associated with Covid-19”), soos:

    1. Koors

    2. Droë hoes

    3. Seer keel

    4. Rooiheid van oë

    5. Probleme met asemhaling.

  2. Werknemers word aangemoedig om tuis te bly as hulle siek is.

  3. Personeel met griepsimptome moet dit aanmeld by die kerkkantoor van die Ned. Geref. Gemeente Valhalla. Die personeellid kan versoek word om hom/haar in self-kwarantyn te plaas.

  4. Personeellede wat simptome van Covid-19 toon, sal nie toegelaat word om te werk nie.

  5. ’n Streng protokol vir higiëne is ingestel en sal streng toegepas word.

    1. ’n Versorgingspakket (“care kit”) is vir elke werknemer voorsien, wat handdoeke, gesigsmaskers en handskoene insluit.

    2. Gesigsmaskers

      1. Aan elke personeellid moet ten minste twee lap gesigsmaskers gratis verskaf word vir gebruik by die werksplek sowel as tydens pendel na en van die werksplek.

      2. ‘n Werkgewer moet toepaslike reëlings tref vir die was, droog en stryk van lap gesigsmaskers volgens die regulasies (“An employer must make appropriate arrangements for the washing, drying and ironing of cloth masks”).

  6. Personeellede word aangemoedig om hande te was en te steriliseer (“sanitise”) sodra hulle by die huis of werk kom.

  7. Elke personeellid is verantwoordelik om sy/haar eie werksruimte te onderhou. Geen toerusting of werkstasies mag gedeel word nie. Vee self jou selfoon en telefoon af. Maak self jou tafel skoon.

  8. Elke personeellid maak self sy/haar koffie/tee en was sy/haar koppie/beker/glas self.

  9. Papierhanddoeke is aan personeellede voorsien sodat badkamerdeure daarmee oopgemaak kan word.

  10. Doekies (“wipes”) is aan personeellede voorsien vir handsakke of aktetasse wat dikwels die meeste kieme bevat.

  11. Slegs papierhanddoeke word toegelaat; die gebruik van laphanddoeke is verbode (“the use of fabric towelling is prohibited”).

  12. Handhaaf die twintig sekondes protokol vir handewas, en voorsien papierhanddoeke en ’n geslote pedaal-asblik waarin dit weggegooi kan word.

  13. Moenie kollegas omhels of met die hand groet nie. Sorg dat die aanbevelings oor sosiale afstande gehandhaaf word. Dit behels onder andere dat

    1. ’n Afstand van ten minste een en ‘n half meter tussen persone gehandhaaf word, of

    2. Fisieke hindernisse (“physical barriers”) tussen persone daargestel word.

  14. Bogenoemde is ook van toepassing ten opsigte van sitplek-reëlings (“seating arrangements”) sowel as in die alledaagse omgang en gesprekke.

BESOEKERS

  1. Streng toegangsbeheer geld by die kerkkantoor van die Ned. Geref. Gemeente Valhalla.

  2. Besoekers se temperatuur sal gemeet word en in ’n besoekersboek (logboek) aangeteken word.

 

BRUIKBARE WEBWERWE

  1. Die Suid-Afrikaanse regering se amptelike koronavirus webwerf: https://sacoronavirus.co.za/

  2. Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO): https://www.who.int

  3. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NICD): https://www.nicd.ac.za/

  4. Die Departement van Gesondheid se riglyne vir die monitering en hantering van simptome van COVID-19-verwante infeksies van noodsaaklike werkers: https://67b4adac-65ff-454e-8fa3-3c84977ccf3c.usrfiles.com/ugd/67b4ad_4ad6ad3d23fe4fde8a0e6eb58775cc8d.pdf

  5. Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se riglyn: https://www.who.int/docs/default-source/coronaviruse/advice-for-workplace-clean-19-03-2020.pdf?sfvrsn=bd671114_6&download=true

  6. Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se riglyn om hande te was: https://www.who.int/gpsc/clean_hands_protection/en/

bottom of page