top of page

PREEK 30 AUGUSTUS – DS. RYNO HURN

Kerkklok lui Lied: Dona Nobi Pacem Verwelkoming: Aankondigings:

  • Medelye aan Oom Dries, Jaco en Hannelie met die afsterwe van tannie Edna Fourie

Verjaarsdae: Hurn Marieta 08/ 30 Burger Sakkie 09/ 02 January Amoré 09/ 02 Viljoen Alta 09/ 02 Visser Mariëtte 09/ 02 De Lange Danie 09/ 03 Van Rensburg Kobus 09/ 04 Vermeulen Karmi 09/ 05 Gebed: Seëngroet: Votum: Psalm 67 2Mag God ons genadig wees en ons seën, mag Hy tot ons redding verskyn, 3sodat sy dade oor die wêreld heen bekend mag word, sy reddende krag onder alle nasies. 4Mag die volke U loof, o God, mag al die volke U loof! 5Mag die nasies bly wees en jubel omdat U hulle regverdig regeer en hulle op die aarde lei. Lied: F 20 – Ek soek U , O God Roep tot dankbaarheid weens God se voorsienigheid 2020 is ’n jaar waar daar klomp dinge gebeur. Vir sommige is dit ’n goeie jaar en vir ander nie. Elkeen van ons ’n gekonfronteer met ’n klomp nuwe uitdagings en bekommernisse. Ons dra ’n klomp vragte op ons skouers:

  • Vragte van skuld en berou oor sondes wat gedoen is

  • Vragte van bekommernisse en van druk en nood;

  • Hopelik ook vragte van dankbaarheid.

Neem ’n oomblik en as jy wil, kan jy hierdie erediens nou hier stop en dink aan al die mooi en pragtige dinge in jou lewe. Dinge waarmee die Here jou seën en waarvoor jy dankbaar kan wees. Lofprysing: L 212 L 214 Skriflesing: Numeri 6: 22-27 22 Die Here het vir Moses gesê: 23 "Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën24 Die Here sal julle seën en julle beskerm; 25 die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees 26 die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! 27 So moet die priesters my Naam oor die Israeliete uitroep, en Ek sal hulle seën Tema: Seën Preek: Ons praat vanoggend oor God se seën. Ons probleem is dat ons dikwels dink dat ons geseënd is wanneer ons voorspoed beleef. Wanneer goeie dinge gebeur soos finansieel. Ons kom rig drie vrae aan Numeri 6 en die tema van seën:

  1. Wie doen die seën werk?

  2. Aan wie word die seën gegee?

  3. Wat behels dit om geseën te wees?

Wie doen die seën werk? Kom ons lees vir Numeri 6 saam 22 Die Here het vir Moses gesê: 23 "Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën24 Die Here sal julle seën en julle beskerm; 25 die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees 26 die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! 27 So moet die priesters my Naam oor die Israeliete uitroep, en Ek sal hulle seën Die Here het vir Moses ’n opdrag gee om ’n boodskap oor te dra aan Aäron en sy seun: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën. Op die oog af lyk dit of Aaron en sy seuns die seën werk doen, maar wanneer ons egter vers 24-26 lees is dit baie duidelik dat God self die seën werk doen. Seën kom nie vanuit die mens nie, maar vanaf die Here. Ons kan die Here se seën vir ander wees, maar self kan ons nie ’n seën wees nie. Aan wie word die seën gegee? Die Here gee Sy seën waarvan ons hier lees, nie vir ’n onbepaalde massa mense nie. Die Here se seën het ’n spesifieke adres. In die Ou Testamentiese tyd was hierdie adres die volk Israel; die mense wat Hy uit Egipteland verlos het; die mense met wie Hy daar by Sinai ’n vaste ooreenkoms, ’n verbond, gesluit het, dat Hy hulle God sal wees en dat hulle Sy volk sal wees. En wat dan in die praktyk gebeur het, was dat dit die Israeliete was wat in die Here geglo het en getrou op die vasgestelde tye by die heiligdom gekom het, oor wie die priesters die seën uitgespreek het. In vandag se taal gesê: hierdie spesiale seëninge van die Here is bedoel vir Sy kerk, vir Sy kinders, die gelowiges, die mense wat die Here getrou dien deur dáár te wees waar Sy seën volgens Sy opdragte uitgespreek word. Die Here se seën is bedoel vir Sy volk. En nie net vir die volk as geheel nie, maar vir elke gelowige en getroue individu van Sy volk. Die priesters kry die opdrag om die seën in die 2e persoon enkelvoud uit te spreek: die Here sal jou seën en jou beskerm en jou genadig wees en jou vrede gee! En daarom mag elke gelowige individu, wat as deel van God se verbondsvolk hierdie woorde hoor, dit met sekerheid op hom-/haarself van toepassing maak: die Here seën jóú, Sy kind… Wat behels dit om geseën te wees? Die seën wat oor die volk uitgespreek is bestaan uit 5 elemente:

  1. Beskerming

  2. Die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn

  3. Hy sal jou genadig wees

  4. Die Here sal jou gebede verhoor

  5. Vir jou vrede gee

Beskerming Vir mense wat waarskynlik bang en onseker was, in ’n tyd van rond swerweling was die bevestiging van God se beskerming vir hulle ’n seën. ’n Seën om te weet, Hy sal saam met hulle trek. ’n Seën om te weet Hy sal hulle van alle kante bewaar. ’n Seën om te weet die Here sal hulle beskerm waar ook al hul gaan, nou en vir altyd. Die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn Die Ou Vertaling sê: “Die Here sal sy aangesig oor jou verhef.” Dit beteken dat God met groot belangstelling na jou kyk. Hy sien elkeen raak. Maar die Here sien jou nie net raak nie. Hy kyk met aandag na jou! Daarom weet Hy altyd hoe jy voel en weet Hy altyd wat jy nodig het en gee Hy altyd vir jou meer as wat jy. Hy sal jou genadig wees Omdat God met groot aandag en belangstelling in jou lewe teenwoordig is, is die bewys dat God ’n God van genade is. Verder moet ons ook kyk na wat het gebeur nadat God hierdie seën oor die volk uitgespreek het. Ons lees in Numeri 10 dat die volk verder deur die woestyn getrek het. In ’n stadium het dit baie sleg met die volk gegaan en hulle het die Here verwyt vir hul omstandighede. Hulle het vergeet van die seën. In hoofstuk 13 lees ons waar manne in Kanaän gestuur was om die land te verken. Weereens het die het volk in opstand teen God gekom. “waarom het die Here ons na hierdie land toe gestuur” vra hulle. Daar was aan die volk die versekering gegee dat die Here by hulle was en dat die bang hoef te wees. Die probleem wat die volk gehad het met die “genade” deel van die seën was juis die onsigbaarheid daarvan. Dit beteken nie die genade was nie oor hulle nie, die volk kon dit net nie sien nie. Die sigbare genade was vir die volk onsigbaar. God het sy toekoms visie en plan vir die volk gehad en die volk het nie vir God vertrou nie. Ons weet nie altyd God se plan nie. Die Here sal jou gebede verhoor Die genade word verder bevestig met die vierde seën. Ons vertaling sê: die Here sal julle gebede verhoor... Die letterlike vertaling is “die Here draai sy aangesig na jou toe ’n Woestyn kan ’n eensame plek wees. ’n Plek waar jy alleen voel en dink niemand sien jou raak nie of niemand hoor jou nie. Maar dan kom gee God sy guns wanneer Hy jou seën deur sy gesig na jou toe te draai. Dit is soos wanneer ons na iemand luister wat met ons praat, dan kyk ons mos vir daardie persoon. Want die oomblik as jy weet die persoon kyk vir jou, weet jy hy/sy luister. Wanneer jy tot God roep, draai Hy sy gesig na jou toe en seën Hy jou met sy aandag. Hy seën jou met sy oor wat luister. Vir jou vrede gee En die vrede wat jy dan ontvang, is juis hierdie wete dat God sy gesig na my draai en sy oog op my hou. In die Bybel is vrede nie in die eerste plek ‘n rustige gevoel in jou hart nie; en dit beteken ook nie maar net dat jy met niemand baklei nie. Bybelse vrede is daar waar alles wat stukkend is, weer heelgemaak is, waar alles weer is soos wat God dit oorspronklik bedoel het om te wees. Vrede is met ander woorde daar waar die sonde en sy gevolge deur die verlossingswerk van die Here Jesus weggevat is, en waar die Heilige Gees jou hart en jou verhoudings en die mensdom en die hele skepping weer heel en nuut gemaak het. Ons as skepping is deur ’n rowwe tyd. Ons as gemeente is deur ’n moeilike tyd en die toekoms lyk vir ons baie onseker en ek kan julle waarborg: dit gaan met tye baie vreemd wees. Maar ek en jy hoef nie slapelose nagte te hê nie, want die Here seën ook vir ons as gemeente. Seën: Hy seën ons met beskerming en die feit dat Hy ons nie los nie. Die Here seën ons Die Here seën ons deur sy aangesig oor ons te laat skyn en betrokke te wees in ons lewens Die Here seën ons met die genade en verlossing van die Here Jesus Christus, ons Here. Die Here seën ons deur ons gebede te verhoor volgens sy wonderbaarlike wil en liefde En laastens die Here seën ons deur al sy vrede wat Hy in Homself het oor ons uit te stort. Amen Lied/gebed: Seën ons Here God, seën Afrika (Nkosi Sikel' iAfrika)

This email was sent to johan.rooyen@gmail.com why did I get this? unsubscribe from this list update subscription preferences NGValhalla · H/v Fergus en Botma Straat · VALHALLA · Pretoria, GP 0185 · South Africa


9 views0 comments

Recent Posts

See All

PREEK 18 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Aankondigings: Gebed: Votum: Psalm 103:1 -2 ‘n Psalm van Dawid. Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die HERE, o my siel, en vergeet

PREEK 11 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Aankondigings: Votum: “Ons hulp is in die Naam van die Here, wat hemel en aarde gemaak het. Mag wat ons sê en wat ons dink tog vir U aanneemlik wees, Here, ons Rots en ons Verlosse

PREEK 4 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Speel die video wat vroeër die jaar op Facebook geplaas is. Oomblik van stilte en waardering vir die saamwees. ’n Oomblik van inneem. Votum: Voorganger: Ewige God, U het ons geroep om le

bottom of page