top of page

PREEK 27 SEPTEMBER 2020 – DS. RYNO HURN

Kerkklok lui Lied: Ek sal op U vertrou (Kinderlied) Verwelkoming: Aankondigings: Kerkraad vergader môreaand om 18H00 Verjaarsdae:

  • Coleman Kyle 09/ 27

  • Noeth Marlene 09/ 28

  • Croucamp Amory 09/ 30

  • Hartzer Charmaine 09/ 30

  • Van Den Berg Stefanie 10/ 01

  • Delport Emwee 10/ 02

  • Viljoen Liam 10/ 02

  • Lamprecht Amanda 10/ 03

  • Soldaat Gladys 10/ 03

Gebed: Votum:

Ons strewe daarna om altyd en in alle omstandighede eensgesind te wees in die Here. Om mekaar altyd behulpsaam te wees. Ons glo daarin dat ons altyd bly moet wees in die Here. Ja, ons vind altyd en in alle omstandighede rede om ons te verheug in die Here. Ons glo dat Here altyd en in alle omstandighede naby aan ons is. En daarom is ons oor niks besorgd nie. Ons glo dat ons in alles ons begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend moet maak. En daarom glo ons dat die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, oor ons harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.

Seëngroet: Lied: MEDLEY 3 Skriflesing: Eksodus 32: 1-14

1 Toe die volk sien dat Moses talm en nie van die berg af kom nie, het hulle om Aäron saamgedrom en vir hom gesê: “Kom maak vir ons 'n god dat hy ons kan lei. Hierdie man Moses het nou wel vir ons uit Egipte laat wegtrek, maar ons weet nie wat van hom geword het nie.” 2 Aäron het hulle geantwoord: “Haal die goue oorringe van julle vrouens, julle seuns en julle dogters se ore af en bring dit vir my.” 3 Die hele volk het toe die goue ringe van hulle ore afgehaal en dit vir Aäron gebring. 4 Hy het dit van hulle ontvang, dit verwerk en daarvan 'n beeld in die vorm van 'n bulkalf gemaak. Toe sê die volk: “Hier is jou God wat jou uit Egipte bevry het, Israel!” 5 Toe Aäron dit hoor, het hy 'n altaar voor die beeld gebou en uitgeroep: “Môre is daar fees vir die Here!” Exo 32:6 Vroeg die volgende môre het die volk brandoffers en maaltydoffers geoffer. Daarna het die volk begin feesvier en losbandig te kere gegaan. 7 Toe sê die Here vir Moses: “Klim van die berg af, want jou volk wat jy uit Egipte laat wegtrek het, het iets vreesliks gedoen. 8 Hulle het gou die pad verlaat wat Ek vir hulle aangewys het en hulle het vir hulle 'n beeld van 'n bulkalf gemaak. Nou aanbid hulle hom en bring vir hom offers en sê: Hier is jou God wat jou uit Egipte bevry het, Israel.” 9 Verder het die Here vir Moses gesê: “Ek het gesien dat dit 'n opstandige volk is hierdie. 10 Moet My nie probeer keer nie. Ek is toornig op my volk en Ek wil hulle vernietig. Vir jou sal Ek dan tot 'n groot nasie maak.” 11 Maar Moses het by die Here sy God gepleit en gesê: “Here, waarom is U toornig op u volk vir wie U deur u groot mag en met kragtige dade uit Egipte bevry het? 12 Waarom moet die Egiptenaars kan sê: ‘Hy het die Israeliete bevry met die bose plan om hulle tussen die berge dood te maak en hulle heeltemal te vernietig’? Laat u toorn bedaar en wees u volk genadig. Moet tog nie dié ramp oor hulle laat kom nie. 13 Dink aan wat U met 'n eed beloof het aan u dienaars, aan Abraham, Isak en Israel toe U vir hulle gesê het: Ek sal julle nageslag so baie maak soos die sterre aan die hemel. Die hele landstreek wat Ek belowe het, sal Ek vir julle nageslag gee om vir altyd in besit te neem.” 14 Toe het die Here daarvan afgesien om die ramp waarvan Hy gepraat het, oor sy volk te bring.

Tema: Israel se valse sekuriteit Prediking:

Waar Genesis die verhaal van Israel in die oorsprong van alle dinge begrond het, begrond die boek van Eksodus die verhaal van Israel in die verlossing uit Egipte. Eksodus sê daarmee dat die God van die heelal, die God van die nasies, die God van die aartsvaders is ook die God van Moses wat God se volk uit die slawerny van Egipte verlos en deur die woestyn bring na die land van die belofte. Die rede vir die bevryding word gevind in die feit dat: “God het hulle gekreun gehoor, en God het gedink aan sy verbond met Abraham, met Isak en met Jakob. God het die Israeliete raakgesien....” Meeste mense is van nature nie baie geduldig nie. Om te sit en wag, is vir baie nie aangenaam nie. Die eerste fase van grendeltyd het vir die meeste mense te stadig verbygegaan. Daar is nou ‘n verligting, maar nog steeds beperkings. Ook in fases van verandering draai die wiele van tyd maar stadig. Nadat die volk Israel by Sinai aangekom het, is Moses teen die berg uit. En nou wag die volk dat hy moet terugkom. Hy is nou reeds 40 dae weg sonder enige taal of tyding. ’n Mens kan jou dus goed voorstel dat die volk se geduld begin opraak het met hulle eie soort van inperking aan die voet van Sinai. Die Volk het op Moses gewag en na die Here begin verlang. Die volk kon direk met God praat, maar hulle het gekies om dit deur Moses te doen. Wanneer ons nie in direkte kontak met God bly nie en afhanklik is van iets of iemand anders dan skep dit ’n leemte in die mens se hart, ’n leemte wat veel keer deur iets anders gevul word. Wanneer ons hierdie verhaal mooi gaan bestudeer dan kom ons vinnig agter dat die volk baie afhanklik van Moses was omrede dat Moses hulle leier was. Volgens hulle was dit Moses wat hulle uit Egipte gelei het en alhoewel dit God was wat vir Moses die opdrag gegee het, was dit Moses wat die begeleiding behartig het. Die oomblik toe hulle leier nie meer by hulle was nie het hulle sekerheid in God geval. Hulle het hulself tot Aaron aangewend wat tweede in bevel was en hom gevra om vir hulle gode te maak wat hulle kan aanbid. Israel het weens die afwesigheid van Moses en hulle ongeduldigheid die leemte wat in hulle was probeer vul met afgodery. Daar is gevare wanneer die mens se hart gevul word met iets anders as God:

  1. Jy dien God nie met ’n opregte hart nie

  2. Jy probeer God in jou lewe vervang met mens gemaakte gode (gode van die tyd)

  3. Jy stel jou hart oop vir ’n lewe van doelbewuste sonde

  4. Jy vergeet van God se reddingsdade

Dit kan so maklik gebeur dat omstandighede of gebeure jou in ’n situasie plaas waar jy meer op iets of iemand anders wil staatmaak as op God. Ons moenie vir ’n oomblik dink dat dit nie vir ons moontlik is om ander gode te aanbid nie. Onthou, wat is die basiese beginsel van afgodery aanbidding? Om jou vertroue, hoop en geloof in iets anders te plaas as God. Die vraag word vanoggend ook aan elkeen van ons gerig: op wie vertrou ons, plaas ons geloof en hoop ons op die toekoms? Is dit primêr en alleenlik God of is dit op mens, mensgemaakte sisteme, organisasies en hulp?


Iets wat ook vir my baie uitstaan in hierdie verhaal is die volk se versoek in vers 1: Kom maak vir ons 'n god dat hy ons kan lei. Die volk se behoefte om begelei te word. die behoefte wat die volk gehad het, is steeds ’n behoefte wat ek en jy elke dag het. Wie laat ons toe om ons te lei? Wie laat die kerk toe om haar te lei? Liewe gemeente, ons moet nooit op ’n punt kom in ons lewens waar ons meer staatmaak op die leiding van mense as op die leiding van God nie. Ek en jy moet nie deur ’n dominee of deur iemand anders afhanklik wees vir die groei in ons geestelike lewens nie, máár eerder direk op God staatmaak.


Julle sien gemeente: ek dink dit is iets wat lockdown ons kom leer het: hoe afhanklik is jy van iemand anders vir jou geestelike lewe? As jou geestelike net alleenlik bestaan uit dit wat jy by ’n dominee hoor dan is jy nes die volk Israel wat meer vertroue en afhanklikheid in iets of iemand anders plaas as in God.


Hierdie teks kan ook profeties geïnterpreteer word in die vorm van ’n Christologiese lees. Baie teoloë is mening dat hierdie verhaal reeds ’n voorspelling was vir die koms van Christus. God wat die mens wou straf, maar toe tree die middelaar in en pleit vir die sondes van dié wat gestraf moes word.

Amen


Gebed:


37 views0 comments

Recent Posts

See All

PREEK 18 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Aankondigings: Gebed: Votum: Psalm 103:1 -2 ‘n Psalm van Dawid. Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die HERE, o my siel, en vergeet

PREEK 11 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Aankondigings: Votum: “Ons hulp is in die Naam van die Here, wat hemel en aarde gemaak het. Mag wat ons sê en wat ons dink tog vir U aanneemlik wees, Here, ons Rots en ons Verlosse

PREEK 4 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Speel die video wat vroeër die jaar op Facebook geplaas is. Oomblik van stilte en waardering vir die saamwees. ’n Oomblik van inneem. Votum: Voorganger: Ewige God, U het ons geroep om le

bottom of page