Kerkklok lui Lied: Laat almal weet Verwelkoming: Aankondigings:
Tannie Yvonne Jovner is siek
Medelye aan oom Manna en tannie Heleen Prinsloo met die afsterwe van hul seun, Pieter. Roudiens het reeds Woensdagoggend plaasgevind.
Verjaarsdae Henn Kotie 07/ 26 Botha Amanda 07/ 27 Burger Vonnie 07/ 27 Coetzee Annie 07/ 27 Hattingh Marie 07/ 27 Jonker Henri 07/ 27 Smith Ansie 07/ 27 Adonis John 07/ 28 Erasmus Tharina 07/ 28 January Neville 07/ 28 Peyper Thomas 07/ 29 Havenga Marko 07/ 30 Havenga Mieke 07/ 30 Malherbe Tanya 07/ 30 Mattheus Flip 07/ 30 Pretorius Hennie 07/ 31 Havenga Monré 08/ 01 Van Heerden Martie 08/ 01 Gebed: Votum: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie," en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.” Seëngroet: Lied: Laat ons sing van ons Verlosser Ek weet vir seker Skriflesing: 1 Korintiërs 2: 1-5 1 Wat my betref, broers, toe ek na julle toe gekom het om die geheimnisvolle waarheid van God aan julle te verkondig, het ek nie met hoë woorde of groot geleerdheid gekom nie. 2 Ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie as oor Jesus as die Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde. 3 Bewus van my swakheid, en met groot angs en huiwering, het ek na julle toe gekom. 4 Die boodskap wat ek verkondig, het julle oortuig, nie deur geleerdheid en welsprekendheid nie, maar deur die kragtige werking van die Gees. 5 Dus is julle geloof nie op die wysheid van mense gegrond nie, maar op die krag van God. Tema: Jesus alleen Prediking: Tydens die skrywe van die brief aan die Korinte was daar ’n baie sterk sofiste en orators teenwoordigheid in Korinte. Sofiste en orators was mense wat baie goed kon praat en hulle het ’n besonderse manier gehad om mense te oorreed om ’n sekere siening of standpunt in te neem. Dit was vir hulle baie maklik om slim te klink en mense op te sweep. Paulus, sekerlik een van die grootste figure in die kerk het geweet dat hulle sy kompetisie gaan wees wanneer dit kom by publieke toesprake. Dit is soos vandag wanneer ’n gewone persoon geroep word om op ’n kansel te klim en dan moet hy ewe skielik meeding met klomp kompetisies. Nie net met ander predikers wat baie fancier toerusting het nie, maar ook met ander publieke figure en toesprake wat meer lewendig en kreatief is as ’n prediker wat op ’n Sondagoggend op ’n preekstoel in valhalla opklim. Dit was en is steeds een van my grootste uitdagings in lockdown tyd. Die erediens wat julle vanoggend kyk word nie deur ’n kamera span opgeneem nie, word nie geredigeer deur ’n maatskappy nie. Dit word maar opgeneem deur ’n selfoon en geredigeer deur ’n gewone laptop in ’n studeerkamer. Paulus het geweet dat hy nie met die sofiste en orators kon meeding nie. Hy het ook geweet dat hy anders moes wees. Sy antwoord: het ek nie met hoë woorde of groot geleerdheid gekom nie. Ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie as oor Jesus as die Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde. Selfs dit waaroor hy met die publiek wou praat was só anders as wat die kompetisie oor gepraat het. Vir die sukses- en magsgedrewe Grieks-Romeinse wêreld was ’n gekruisigde ’n misdadiger, en nie juis goeie materiaal vir ’n suksesvolle spreker nie – hy wou oor niks anders praat as Jesus, die Christus, die gestuurde van God, en spesifiek oor Jesus as die gekruisigde nie. In vers 4 sê Paulus in soveel woorde beide sy prediking én sy boodskap was maar oninspirerend. Dit was nie geleerd of welsprekend nie. Dit was swak. Eintlik is Paulus in goeie geselskap:
Moses was ook nie 'n goeie spreker nie (Eks. 4:10);
Jesaja se lippe was onrein (Jes. 6:5);
Jeremia het nie geweet hoe om te praat nie, want hy was nog jonk (Jer. 1:6).
God kies egter om deur swakheid te werk. Die krag van God kom tot openbaring deur menslike swakheid. Paulus se grootste doel met sy prediking was om die krag van God aan die werk in mense se lewens te sien. Onder die verkondiging van die evangelie is die kragtige werk van die Heilige Gees in mense se lewens gesien. Die kragtige werk van die Heilige Gees is hier nie tekens en wonders nie. Deur swak prediking, op grond van die Gees se werk, is die Korintiërs oortuig dat Jesus die Here is, die Gestuurde van God. Deur die Gees het hulle hul tot Jesus bekeer, Hom begin dien en volg. Geen mens kan dit bewerk nie – net God. Hierdie 5 verse wat ons vanoggend saam lees, laat my met twee vrae:
Watter verskoning het jy om nie oor die Here te praat nie? Bewus van my swakheid, en met groot angs en huiwering, het ek na julle toe gekom – skrywe Paulus. Ons en dit is my insluitend is so vinnig om ’n verskoning uit te dink of onsself nie waardig te ag om oor die Here te praat nie. Ek het nie tyd nie, ek is nie geleerd nie, ek ken nie die Bybel nie, ek kry skaam, mense gaan vir my lag, dit is nie die plek nie, ek het niks om te sê nie, dit is nie my werk nie, daar is mos dominees en sendelinge wat dit doen.
Getuig, moenie oortuig nie. Ons werk is nie om mense te oorreed om in Christus te glo nie. Ons moet net getuig! As jy nie wil getuig van dit wat in die Woord staan nie, dan moet jy bloot net getuig oor wat God in jou lewe doen. Ek is ’n dominee en dit is vir my verskriklik lekker om oor God te praat, maar dit beteken nie ek loop met die Bybel onder my arm nie. Ek ken nie Skrif uit my kop nie, my maag draai ook elke keer wanneer ek op ’n kansel moet klim, my taal en sinskonstruksies is nie die beste nie en partykeer vergeet ek wat ek wil sê. As ek gaan toelaat dat dit in my pad gaan staan om te doen waarvoor ek geroep is, dan gaan ek nie my roeping uitleef nie. Ek wil vanoggend net weer bevestig: dit is nie net dominees of sendelinge wat geroep is om die Woord van die Here te verkondig nie, elkeen van ons is geroepe. Of jy in Sandton werk, of by ’n skool, of jy 30 jaar oud is of afgetree, dit maak nie saak nie!
Waarop is ons geloof gegrond? Daarop wat mense ons vertel? Wat ek lees in die media? Of op die WOORD van God en die oortuiging deur die Gees?
Solas Christus – Christus alleen. Christus moet alleen ons doel en bestaan wees. Christus is die enigste Weg na die Vader. Ons moenie oor klomp ander dinge praat nie. Ons moet nie op ander dinge gefokus wees as Christus nie. Kom ons loer gou by Skizzels in en dan hoor ons wat het hy te sê: (skizzels moet die pad aan iemand verduidelik. Gee te veel en onnodig inligting, dat daardie persoon verdwaal het) Gebed: Lied: My gebreekte woorde
This email was sent to johan.rooyen@gmail.com why did I get this? unsubscribe from this list update subscription preferences NGValhalla · H/v Fergus en Botma Straat · VALHALLA · Pretoria, GP 0185 · South Africa
Comments