top of page

PREEK 23 Augustus – DS. RYNO HURN

Kerkklok lui Lied: Ek soek U o God Verwelkoming: Verjaarsdae: Christoff Botha 08/23 Katrien Lubbe 08/24 Gerda Oosthuizen 08/25 Nadia Wessels 08/26 Charné Barnard 08/28 Ruléne Ferreira 08/29 Gebed: Votum: Psalm 145:2-3 My Koning, U is ondeurgrondelik; u Naam is groot, u maaksels wonderlik. U werk is magtig, magtig is u daad. Die mense moet dit hoor en daarvan praat. Ek wil getuig van al u majesteit, U luisterrykheid en U heerlikheid. U grootheid moet ek aan die mense stel sodat hul sonder ophou dit vertel. Seëngroet: Broers en susters, God drie-enig, die Vader, Seun en die Heilige Gees groet elkeen van ons vanmôre, genade en vrede vir julle. Flam 145 – Hier is ek Wet: Joh 12:44-50 Toe het Jesus uitgeroep: "Wie in My glo, glo nie net in My nie maar ook in Hom wat My gestuur het. En wie My sien, sien ook Hom wat My gestuur het. Ek het as die lig na die wêreld toe gekom, sodat dié wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie... Ek het nie uit my eie gepraat nie, maar juis die Vader wat My gestuur het, het My opgedra wat Ek moet sê en wat Ek moet praat. En Ek weet dat sy opdrag die ewige lewe beteken. Wat Ek sê, sê Ek presies net soos die Vader dit vir My gesê het." Ek haal vanmôre ook net Matteus 11 en 13 ook aan wat sê: “Wie ore het, moet luister. Skuld: Hoeveel maal praat God drie-enig met ons, dan luister ons nie? Hoeveel maal sit ons op ’n Sondag in ’n erediens en luister na die Woord en voel goed oor die boodskap, maar sodra ons by daardie deure uitstap is als vergete? God nooi ons elkeen vanmôre uit om te kom luister na wat Hy vir ons wil kom sê. Ons moet probeer erns maak met die feit dat ons nie net moet hoor nie, maar dat ons moet begin luister. Genade: Mat 27:46 “Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: "Eli, Eli, lemá sabagtani?" Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?” vir ’n oomblik het Jesus Godverlate gevoel. Vir ’n oomblik het Jesus iets beleef van ’n wêreld waar God se teenwoordigheid nie bestaan nie. Waar God nie met die wêreld praat nie. Daarom het Jesus uitgeroep "Eli, Eli, lemá sabagtani?” sodat ons dit nooit hoef uit te roep nie. God onttrek Hom nooit van ons nie. God hou nooit op om met ons te praat nie. Weet dit broers en susters. Kom ons sing nou vanmôre Flam 146 wat sê dat U alles vir is my. Lofprysing: Flam 146 alles vir my Skriflesing: Genesis: 1:1-3 In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. Toe het God gesê: "Laat daar lig wees!" En daar was lig. Eksodus: 3:4-6 Toe die Here sien dat hy nader kom om te kyk, roep God na hom uit die doringbos: "Moses! Moses!" En hy antwoord: "Hier is ek." Die Here sê toe vir hom: "Moenie nóg nader kom nie. Trek uit jou skoene, want die plek waarop jy staan, is gewyde grond." Verder sê Hy: "Ek is die God van jou voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob." Toe maak Moses sy gesig toe, want hy was bang om na God te kyk. Matteus: 3:17 Daar was ook 'n stem uit die hemel wat gesê het: "Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My." Hebreërs: 4:12 Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. Tema: God praat met ons Van die begin van tyd af het God gekommunikeer. Als het tot stand gekom deur God wat spreek het. Aan Jesus is sy Goddelike erkenning gegee deur God wat gepraat het, enkelinge en volke is tot redding gebring deur God se woorde. In die Bybel is daar ’n bewustheid van God se stem, maar vandag het ons hierdie bewustheid ietwat verloor. Dit voel vir ons of God nie meer met ons praat nie. Of doen Hy? Dalk is dit net ons wat nie vir Hom luister of Hom hoor nie. Weet ons vandag in die 21st eeu hoe God met ons praat en hoe Sy stem klink? Weet ons hoekom God met ons praat en wat Hy vir ons wil sê? Iets wat ons vandag baie gewoond is, is kommunikasie en veral vinnige kommunikasie. Wanneer my ouers en my ouma my vertel van die kommunikasie sisteme in die vroeë jare dan kan ek myself nie indink nie. Julle behoort ook dit nog te ken. Briewe wat weke vat, telefoonoproepe wat eers deur ’n dorp sentrale moet gaan. Vandag is dit anders, ek tel my foon op en kommunikeer in enkele sekondes met my vrou en familie. Bel, SMS, WhatsApp, Facebook, email, twitter, Instagram asook skype en so kan die lys aangaan. Dit is alles maniere om te kommunikeer. Die belangrikste van kommunikasie is dat jy en die persoon met wie jy kommunikeer albei mekaar verstaan. Daar is ’n paar vereistes wanneer dit kom by suksesvolle kommunikasie:

  1. Albei persone moet dieselfde golflengte wees om mekaar te verstaan

  2. Dieselfde taal moet gepraat word

  3. Al twee kan nie ter selfde tyd praat nie. Die een moet ook die luister werk doen.

  4. Jy moet ook nie luister om te reageer nie, maar om werklik in te neem.

  5. As daar te veel ander lawaai is dan gaan julle mekaar nie hoor nie

Ek gaan nou vir ’n oomblik ’n baie unieke kommunikasie middel vir julle speel en julle moet by die huis probeer om die spesifieke middel te identifiseer, maar ook om te probeer verstaan wat gesê word. “Luister” Dit is Morse kode. Ek is taamlik oortuig dat die meeste van ons nie ’n idee het wat gekommunikeer is deur die kode nie. Jy gaan slegs weet, indien jy iewers geleer is. Baie keer wanneer God met ons kommunikeer dan klink dit vir ons soos ’n Morse kode. Ons verstaan nie wat God sê nie. Dit is net ’n paar geluide, wat baie deurmekaar en onverstaanbaar is. Maar.... wanneer ons egter rustig raak en begin leer en verstaan hoe God met ons praat, dan gaan ons begin verstaan wat God vir ons sê. Dan gaan die Bybel en gebed en al die ander maniere hoe God met ons praat nie net hol klanke wees nie, maar geesgevulde woorde. Hoekom is dit belangrik dat ons moet weet hoe God met ons kommunikeer? Hoekom is dit belangrik dat ons moet verstaan wat God vir ons sê? Ons kan baie mooi antwoorde vir mekaar gee, maar die punt is: God is God en ons is sy Skepping. Ons moet weet wat en hoe God met ons kommunikeer want uit genade en deur genade aanbid ons ’n God wat met ons wil kommunikeer. Daar is ’n wonderlike verhaal in 1 Konings waar God met Elia praat. Eers het Elia God se stem in ’n aardbewing en wind gaan soek, maar hy het niks gehoor nie, maar toe hoor hy God se stem in die stilet. Al ooit gewonder hoekom God met Elia in die stilte gepraat het. Dit is omdat God Elia uitgenooi het om naby aan God te kom, om intiem met Hom te verkeer. Elia was so intiem met God, dat hy God se stem in die fluisterende stilte kon hoor. Dit was nie vir God nodig gewees om hard uit te skree nie. Leef ek en jy intiem met die Here? Leef ons so dat wanneer God met ons praat dat ons Hom hoor? Wanneer ons so intiem met God leef dan gaan ons sy stem begin leer. Dit is wanneer ons nie meer leeg gaan begin voel nie. Ongelukkig het die wêreld ook ’n stem en is die wêreld ook baie lief daarvoor om vir ons raad te gee. Vir baie van ons is die wêreld se stem ’n meer bekende stem en die stem verstaan ons en het ons dit nie altyd nodig daarom wat die wêreld vir ons sê te ontsyfer nie, juis omdat ons so naby aan die wêreld leef. maar wanneer ons egter intiem met God gaan leef dan sal ons kan onderskei wanneer God met ons praat en wanneer die wêreld met ons praat. Gebed: Lied: Loof die Heer, Hy is goed Seën:

This email was sent to johan.rooyen@gmail.com why did I get this? unsubscribe from this list update subscription preferences NGValhalla · H/v Fergus en Botma Straat · VALHALLA · Pretoria, GP 0185 · South Africa


10 views0 comments

Recent Posts

See All

PREEK 18 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Aankondigings: Gebed: Votum: Psalm 103:1 -2 ‘n Psalm van Dawid. Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die HERE, o my siel, en vergeet

PREEK 11 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Aankondigings: Votum: “Ons hulp is in die Naam van die Here, wat hemel en aarde gemaak het. Mag wat ons sê en wat ons dink tog vir U aanneemlik wees, Here, ons Rots en ons Verlosse

PREEK 4 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Speel die video wat vroeër die jaar op Facebook geplaas is. Oomblik van stilte en waardering vir die saamwees. ’n Oomblik van inneem. Votum: Voorganger: Ewige God, U het ons geroep om le

bottom of page