top of page

PREEK 13 SEPTEMBER 2020 – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Aankondigings: Verjaarsdae

  • Adonis Nicolene 09/ 13

  • Hugo Matthys 09/ 13

  • Bezuidenhout Adriaan 09/ 14

  • Lubbe Cathy 09/ 14

  • Boylan Chris 09/ 15

  • Van Niekerk Riccardo 09/ 15

  • Scheepers Mieke 09/ 16

  • Zeman Petro 09/ 16

  • Botha Chris 09/ 18

  • Vlok Elizabeth 09/ 18

  • Kritzinger Marietjie 09/ 19

  • Spies Cecilia 09/ 19

Gebed: Votum: Kyk, Hy kom met die wolke en al die mense sal Hom sien, ook hulle wat Hom deurboor het... uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos en ons sy koninkryk gemaak, priesters vir God sy Vader. Aan Hom behoort die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid. Amen Seëngroet: Die Here God, Hy wat is en wat was en wat kom, die Almagtige groet elkeen van ons vanmôre “Ek is die Alfa en die Omega, Genade en Vrede vir julle.” Wet: Hoe het jou week gelyk? Meeste van ons sal sê dat ons week baie rof was. Binne hierdie besige week van jou, wil ek graag hê dat jy vanmôre vir jouself die volgende vraag moet vra: Het ek tyd saam die Here spandeer? Onmiddellik sal baie van ons sê “sjoe, ek was te besig... of ek het vergeet!” Wat in ons lewens is so belangrik dat dit ons tyd saam die Here, steel? Dit voel vir my dat die kerk, Godsdiens en ’n Sondagoggend erediens soos ’n take-away restaurant geword het, ek gaan soon toe wanneer ek lus of wanneer ek glad nie meer ’n ander heenkome het vir kos nie.... God is nie McDonald’s nie! Ons kan nie kies wanneer ons lus is vir die Here nie, ons kan nie kies wanneer ons tyd wil spandeer saam die Here nie. God het nie vir Jesus aarde toe gestuur sodat ons net te besig kan raak vir Hom nie. Hy het sy seun vir ons gestuur sodat ons stil kan staan by Hom. Skuld: Psalm 119:33-37 “Here, leer my hoe om u voorskrifte uit te voer, sodat ek my tot die einde toe daaraan kan hou. Gee my insig, dat ek u wet kan gehoorsaam en dit met my hele hart kan onderhou. Laat my wandel volgens u gebooie, want daarin vind ek vreugde. U verordeninge, laat dié my na aan die hart lê, nie die begeerte om myself te verryk nie. Weerhou my van 'n nuttelose lewe, laat my leef op die weg wat U aanwys.” Lofprysing: DVD4 002 Unleaded L212. Loof Die Heer, Hy Is Goed L464. O Heer My God L471. Soek Allereers Die Koninkryk Van God L510. Genade, Onbeskryflik Groot L512. Nader, My God, By U Skriflesing: Openbaring 21: 1-8 1 Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het nie meer bestaan nie. 2 En ek het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel uit sien afkom. Die stad was gereed soos 'n bruid wat vir haar man versier is.3 Toe het ek 'n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. 4 Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.” 5 Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.” En daarna sê Hy: “Skryf hierdie woorde op, want hulle is betroubaar en waar.” 6 Verder sê Hy vir my: “Dit het klaar gebeur. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet. 7 Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees.8 Maar dié wat bang en ontrou geword het, die losbandiges, moordenaars en onsedelikes, bedrieërs en afgodsdienaars en al die leuenaars, hulle lot is die poel wat met vuur en swael brand, dit is die tweede dood.” Tema: droom oor ’n beter toekoms Preek: Die toekoms. Wanneer jy hierdie woord hoor, dan ontlok dit ’n klomp emosies:

  • Angs

  • Onsekerheid

  • Bekommernis

  • Twyfel

  • Dalk opgewondenheid

Johannes skryf Openbaring aan 7 gemeentes. Op die oog af bevat Openbaring die vreemdste woorde, metafore, simbole en dit is baie deurmekaar. Wanneer ons egter dieper inbeweeg in die teologie van Openbaring dan sal ons agterkom dat dit ’n baie diep en ryk boek is. Die gemeentes aan wie dit geskryf is, was in daardie tyd in baie groot moeilikheid. Die gemeentes het baie vervolging ervaar deur die Romeinse ryk en Openbaring is daarop uit om die gelowiges te bemoedig, hulle te versterk, maar groot en deels om vir hulle hoop te gee. Hoop dat die vervolging en swaarkry maar net tydelik is en dat Christus weer sal kom soos Hy beloof. Dat hulle swaarkry en trane wat gestort word sal opdroog. Openbaring begin waar Johannes ’n nuwe aarde en ’n nuwe hemel sien. Die vertaling is baie sterk daarop dat dit nie die ou aarde is wat hervorm is of aangepas is nie, ’n aarde 2.1 as te ware nie. Nee, die aarde en die hemel is nuut. ’n Aarde waar Jesus reeds gekom het en weer opgevaar het, maar waar Sy Gees teenwoordig is. En omdat die aarde nuut is, of ons kan ook sê “verlos” is, is daar ook nie meer ’n see nie. In die bybelse tyd, was die see nie ’n simbool van vakansie en ontspanning soos ons dit vandag ken nie, nee, die see was ’n simbool van boosheid. Hulle het geglo dat al die boosheid van die wêreld vanuit die see kom. So wanneer ons lees dat die nuwe aarde en hemel nie meer ’n see gaan hê nie, beteken dit nie dat ons nie meer gaan vakansies hê nie, maar dat daar nie meer boosheid in die wêreld gaan wees nie. Dit beteken dat daar nie meer seer, haat of geweld gaan wees nie. Die tweede beeld nl. die nuwe Jerusalem is ’n metafoor vir die kerk. Onthou, Jerusalem was die plek waar die tempel gebou was. Dit was die plek waar baie van mening was die Gees van die Here gedwaal het. As jy wou aanbid of Paasfees wou vier, dan het jy Jerusalem toe gegaan. Dit was ook die plek waar Jesus baie van sy prediking gedoen het. Ons lees vanmôre dat Jerusalem nuut is, dat God dit ook nuut kom skep het, dat al die wette en voorskrifte vervul is, dat ons nie meer gered word vanuit ons verdienste of offergawes nie, maar slegs deur die bloed en genade van Christus. Dat die Gees van God nie meer net in Jerusalem is nie, maar dat dit tussen die mense is. Johannes probeer die gemeentes help om te begin droom oor ’n beter toekoms. ’n Toekoms waar die liefde die kwaad oorheers, waar vergifnis heer, waar onreg nie heers nie en waar daar nie meer trane is om te stort nie. Binne-in daardie droom is daar ook ’n opdrag: “skryf hierdie woorde op, want hulle is betroubaar en waar.” As ek na Valhalla en ons gemeente kyk dan sien ek baie ooreenkomste tussen vandag en tweeduisend jaar gelede. As ek na Valhalla en ons gemeente kyk, dan sien ek mense wat desperaat is vir hoop. Ons is in hierdie wiel wat van ’n heuwel afrol en ons rol net vinniger en vinniger en dinge raak net erger en erger. Elke dag gaan ons gebuk onder stampe en stote van die lewe Elke aand wat ek by die huis kom, dan het ek ’n vrees om uit my kar te klim en om in die huis te gaan, want nou-nou oorval iemand my. Hoeveel van ons sit 24 uur ’n dag agter slot en grendel op die hoop dat niemand ons sal seermaak nie. Vir hoeveel van ons is dit ’n struikel om kos op die tafel te sit. Armoede het die afgelope paar jare baie erg toegeneem. Buiten die druk van die samelewing het, ons ook nog druk binne-in ons gesinne. Hoeveel van ons huisgesinne kla oor die omstandighede in hul huise? Ouers wat hul werk verloor, gesinne wat uitmekaar skeer weens ’n gebrek aan liefde, kommunikasie en tyd. Ek hoop dit klink bekend vir julle en as dit nie doen nie, dan vra ek vir julle, haal die klappe van julle oë af en sien wat om julle aan die gebeur is. Droom ons nog enigsins oor ’n beter môre? Nie waar die rand-doller wisselkoers weer beter lyk, of waar ons regering weer met die land is nie, of waar ons weer voorspoed beleef nie, nee, droom ons nog vir ’n plek waar geregtigheid geskeid! Waar trane nie meer gehuil word nie, waar gesinne nie meer uitmekaarval nie? Glo ons nog in die nuwe aarde en Hemel? God kom sê vanmôre vir ons: "Kyk, My woonplek is nou tussen julle. Ek sal by julle bly; julle sal My volke wees, en Ek as God sal self by julle wees as julle God. Ek sal al die trane van julle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan. Kyk, Ek maak alles nuut. Dit het klaar gebeur. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet. Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees.” Hierdie woorde van God is nie net ’n droom wat Hy vir ons het, dit is die werklikheid wat Hy vir ons bewerkstellig. Ja, ons leef in ’n stukkende wêreld en in Suid-Afrika beleef ons dit eerstehands asook in ons gesinne. Maar God het sy enigste seun gestuur, sodat ons verlos kan word van al hierdie dinge. Dit is ons verantwoordelikheid as kerk as die nuwe Jerusalem, nie as ’n volmaakte kerk nie, maar ’n gebroke kerk wat ’n volmaakte God aanbid, om hierdie hoop te gaan uitleef. Om vir die wêreld daar buite maar ook vir mekaar hier te herinner dat die ewige lewe nie eendag begin wanneer ons dood is nie, maar dat ons nou alreeds deel het aan dit. Dat die verlossing wat Jesus vir ons kom gee het, nou alreeds is. Seën:

This email was sent to johan.rooyen@gmail.com why did I get this? unsubscribe from this list update subscription preferences NGValhalla · H/v Fergus en Botma Straat · VALHALLA · Pretoria, GP 0185 · South Africa


15 views0 comments

Recent Posts

See All

PREEK 18 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Aankondigings: Gebed: Votum: Psalm 103:1 -2 ‘n Psalm van Dawid. Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die HERE, o my siel, en vergeet

PREEK 11 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Aankondigings: Votum: “Ons hulp is in die Naam van die Here, wat hemel en aarde gemaak het. Mag wat ons sê en wat ons dink tog vir U aanneemlik wees, Here, ons Rots en ons Verlosse

PREEK 4 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Speel die video wat vroeër die jaar op Facebook geplaas is. Oomblik van stilte en waardering vir die saamwees. ’n Oomblik van inneem. Votum: Voorganger: Ewige God, U het ons geroep om le

bottom of page