top of page

EREDIENS 12 JULIE 2020 – DS. RYNO HURN

Votum:

Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. 2 Kor. 1:3

Seëngroet:

Aankondigings: Ons Bybelskool het verlede week weer afgeskop en ons hierdie week, Dinsdagaand 0m 18h30 kuier ons lekker saam Zoom rondom die tema van geloof: is dit genoeg en wat sê die boek van Jakobus vir ons?

Ek herinner julle aan julle Vrygee wat julle elektronies kan oorbetaal of deur Zapper. Julle kan dit ook op Dinsdae en Donderdae tussen 09h00-10h00 by die kerkkantoor kom afgee. Verjaarsdae: Carr Mercia 07/ 12 Els Paul 07/ 12 Kleynhans Viktor 07/ 12 Kotze Okkie 07/ 12 De Lange Mia 07/ 13 Fourie Jas 07/ 13 January Marshall 07/ 13 Jovner Albert 07/ 13 Vorster Tokkie 07/ 14 Viljoen Hilda 07/ 16 Els Annelie 07/ 17 Viljoen Marli 07/ 17 Coleman Stef 07/ 18 Hattingh Saskia 07/ 18 Hayward Deonie 07/ 18 Gebed:

O God van geheime planne en oorvloedige seëninge, ons prys U. Ons het na hierdie erediens gekom omdat ons harte na U smag. Ons sing lofliedere omdat ons ons in U verbly. Ons bid tot U omdat ons so afhanklik is van U. Ons bid dat U die vensters van ons gedagtegang en die deure van ons harte sal oopmaak, sodat U, die magtige Koning kan inkom! Amen! Skriflesing: Efesiërs 1:3-14 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. 4 So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. 5 In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. 6 Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het. 7 Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God 8 wat Hy in al sy wysheid en insig so oorvloedig aan ons geskenk het. 9 Hy het kragtens sy besluit en voorneme die geheimenis van sy wil aan ons bekend gemaak 10 en dit deur Christus tot uitvoering gebring op die tyd wat Hy daarvoor bepaal het. Sy bedoeling was om alles wat in die hemel en alles wat op die aarde is, onder een hoof te verenig, naamlik onder Christus. Solas verduideliking: (Skizzels) Hallo julle almal. Ek wil vandag vir julle so bietjie meer vertel van wat die 5 Solas is en waar dit vandaan kom. 500 jaar gelede, was daar ’n man gewees wat besluit het dat daar 5 dinge is wat baie belangrik is in die kerk. Hy het hulle die 5 solas genoem. Die woord sola beteken “alleen”. Daar is 5 dinge wat ons moet onthou wat ons gaan help om ons te herinner dat ons kinders van God is.

  • Genade

  • Geloof

  • Jesus

  • Bybel

  • Ons moet die Here loof -alle eer aan God.

Tema: Genade

Het julle al van die woord genade gehoor? Wat beteken dit? Ek en jy word elke dag geleer dat as ons iets in die lewe wil hê soos om die slimste in die klas te wees, of om eendag vir die springbokke rugby te speel of om baie goed te teken dan moet jy hard werk. As jy hard werk dan word jy gewoonlik beloon. As ek vir pappa mooi help om die kar te was of om vir mamma help deur my kamer aan die kant te maak dan word ek partykeer beloon. Genade is ’n beloning wat ons van God ontvang. Maar het julle geweet dat ek nie iets hoef te doen om my beloning van God te kry nie. Hy gee dit vir my omdat Hy baie lief is vir my. Die Bybelse Ensiklopedie beskryf dit so: In die antieke Hebreeuse Bybelse is daar twee woorde, chen en chêsêd, wat meestal met “genade” vertaal word. Die woord chen beteken “guns” (Genesis 19:19; 39:121;47:29) chêsêd beteken “’n daad van hulp op grond van wedersydse verbondenheid” (Genesis 24:12; 40:14; 1 Samuel 20:8, 14). 'n Derde woord wat ook gebruik word, is rachamim. Dit beteken ontferming (Psalm 25:6; 40:12; 51:3; 69:17; Jesaja 63:7). Die ooreenstemmende Grieks is charis, afgelei van die werkwoord charein (verheug), wat dui op iets wat mettertyd vreugde verskaf. Dié woord word ook met die volgende betekenisse vertaal:

  • Aangenaam (Lukas 4:22; Kolossense 4:6)

  • Sorg of voorsorg (Lukas 2:52; Handelinge 2:47; 7:46)

  • Liefdegawe en liefdeswerk (2 Kronieke 8:6; 1 Korintiërs 16:3)

  • Dank (2 Kronieke 8:16; Lukas 17:9)

  • Loon of vergelding (Matteus 5:46; Lukas 6:32)

Genade

God bewys sy genade uit liefdevolle barmhartigheid (Eksodus 33:19; Psalm 103:8-13; Jesaja 55:3) sonder verdienste van die mens (Deuteronomium 7:7; Jeremia 31:8; Romeine 3:14; 11:6; Efesiërs 2:8). God is ryk aan genade (Eksodus 34:6; Psalm 86:15; Jesaja 2:13). Sy genade is soos dou en reën (Spreuke 16:15; 19:12) en is noodsaaklik vir die voorspoed en verlossing van die mens, ook in sy ouderdom (Psalm 67:2; Jeremia 31:2; Klaagliedere 4:16). Teenoor hierdie genade van God word van die mens gevra om trou te wees aan sy God in menslike genade en liefde (Hosea 10:12; 12:7; Miga 6:8). Die genade van God is ’n mag wat die mens oorwin (Psalm 117:2) en hom ondersteun (Psalm 94:18). In Christus het die mens die volkome genadegawe van God, die ewige lewe (Romeine 6:23). Uit sy volheid het ons alles ontvang. selfs genade op genade (Johannes 1:14, 16). Die regverdiging uit genade beteken nie alleen ’n begenadiging nie, maar ook 'n nuwe lewe (herskepping) deur die krag van God (Romeine 5:17, 21; 8:37; 2 Korintiërs l2:9; Titus 2:11 en verder; 1 Petrus 2:19). Paulus praat van die evangelie van God se genade as 'n nuwe lewensopbou (Handelinge 20:32). God skenk hierdie genade oorvloedig (Jakobus 4:6). Omdat God voortdurend sy genade aan gelowiges skenk, moet hulle daarin bly en daarin leef (2 Korintiërs 1:12). Die gelowiges moet hierdie genade benut en daaraan vashou, want dié wat nietige afgode vereer, verlaat die Een wat hulle genadig is. In Galasiërs 2:21 sê Paulus dat hy nie God se genade verwerp nie. en die brief aan die Hebreërs vermaan dat daar toegesien moet word dat niemand van God se genade afvallig moet raak nie (Hebreërs 12:15). Die gelowiges moet in die genade bly en daarin groei (Handelinge 13:43; 2 Petrus 3:18) en die gemeente moet voortdurend bid dat God hulle sy genade sal bly skenk (Handelinge 20:32; Romeine 1:7, 16, 20, 24, 1 Korintiërs 1:3, 16:23). God se genade is werksaam waar mens nie meer op hulle eie krag vertrou nie (Galasiërs 2:16, 20). God. bewys genade aan die nederiges (Jakobus 4:6; 1 Petrus 5:5). Daarom moet die gelowiges al hulle verwagtings op God se genade stel (1 Petrus 1:13). Dit is die enigste mag wat waarlik en volledig kan help: “My genade is vir jou genoeg” (2 Korintiërs 12:9).

3 views0 comments

Recent Posts

See All

PREEK 18 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Aankondigings: Gebed: Votum: Psalm 103:1 -2 ‘n Psalm van Dawid. Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die HERE, o my siel, en vergeet

PREEK 11 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Aankondigings: Votum: “Ons hulp is in die Naam van die Here, wat hemel en aarde gemaak het. Mag wat ons sê en wat ons dink tog vir U aanneemlik wees, Here, ons Rots en ons Verlosse

PREEK 4 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Speel die video wat vroeër die jaar op Facebook geplaas is. Oomblik van stilte en waardering vir die saamwees. ’n Oomblik van inneem. Votum: Voorganger: Ewige God, U het ons geroep om le

bottom of page