top of page

5 April 2020 - Ds Ryno Hurn

Verwelkoming: Gemeente, een van die grootse voorregte en uitdagings tydens ’n erediens is om deel te neem aan die erediens. Iemand wat ’n kers aansteek, die vorentoe roep van kinders, die handelinge wat plaasvind soos om jou beeld van Christus in sand te teken, die opneem van die vrygee, die saam gebruik van die nagmaal, die belewenis en deelname aan ’n doop. Die saam sing in ’n erediens en so kan die lys aanhou. Daar is geen rede hoekom ’n elektroniese erediens nie ook dieselfde meelewing en deelname kan bewerkstellig nie. Daarom nooi ek u uit om deel te neem aan die erediens net soos wat u dit op ’n gewone Sondag sou doen. Sing en bid saam, lees die Skrifgedeelte uit u Bybel saam, gee u vrygee. Net soos wat ons vir mekaar gesê het dat ons mekaar in ’n erediens ruimte vertrou wil ek ook vra dat ons mekaar in hierdie kuberruimte sal vertrou. Dit gesê: wil u nie asb. nou hierdie video sommer hier te stop en ’n klein glasie of beker in julle kombuis kry en dit vul met ’n bietjie asyn of suurlemoensap, iets bitter of suur en dit dan saam te bring, want dit gaan nou-nou ’n groot deel vorm van die erediens. Aankondigings:

Baie welkom terug.

  • Ds. Ryno en Dr. Barnard is steeds telefonies beskikbaar

  • Basaar van die 15de en 16de word uitgestel tot ’n latere stadium. Datums sal later aan u bekend gemaak word.

  • Vrygee – aanmoedig om u oorbetalings te maak. 12% geïn wat ons gewoonlik kry.

  • Nou komende Vrydag is Goeie Vrydag en dit is ’n nagmaal geleentheid vir ons as gemeente. Die gebruik van die sakrament gaan voort, dit gaan egter net plaasvind in die vorm van ’n E-nagmaal. Ja, ek weet dit gaan vir elkeen van ons nuut en vreemd wees, maar dit beteken nié net omdat ons nie fisies saam in een gebou is, dat ons nie saam deel kan hê aan die viering van die liggaam van Christus nie. Gaan ’n artikel aan elkeen van julle stuur wat julle gerus kan lees.

  • Gemeente gun my die geleentheid om sommer dié wat die week verjaar, geluk te wens. Ek weet u sou dit vreeslik geniet het om familie en vriende oor te nooi en ’n vleisie saam hulle te braai of koek saam te eet, maar weet dat ons as gemeente is saam met julle opgewonde oor nog ’n nuwe lewensjaar en ons vier saam met julle God se genade.

André Labuschagne 04/ 05 Anneke Van Der Merwe 04/ 06 Sue Van Der Merwe 04/ 07 Frikkie Engelbrecht 04/ 09 Marnes Van Der Walt 04/ 09 Chantel Breytenbach 04/ 11 Aansteek van die Christuskers Votum: Matteus 2: 1-11 Gemeente as votum lees ek vanoggend vir ons die geboorte verhaal van Jesus want dit vorm ’n belangrike punt later in ons diens. Matteus 2: 1-11

Jesus is in Betlehem in Judea gebore tydens die regering van koning Herodes. Na Jesus se geboorte het daar sterrekykers uit die ooste in Jerusalem aangekom en gevra: ‘Waar is Hy wat as koning van die Jode gebore is? Ons het sy ster sien opkom en ons het gekom om aan Hom hulde te bewys’ Toe koning Herodes hiervan hoor, was hy, en die hele Jerusalem saam met hom, hewig ontsteld. Hy het toe die priesterhoofde en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar geroep en hulle uitgevra oor waar die Christus gebore sou word. Hulle het hom geantwoord: ‘In Betlehem in Judea, want so is dit deur 'n profeet geskrywe: En jy, Betlehem, gebied van Juda, jy is beslis nie die kleinste onder die leiers van Juda nie. Uit jou sal 'n leier voortkom wat vir my volk Israel 'n herder sal wees.’ Daarna het Herodes die sterrekykers in die geheim ontbied en noukeurig by hulle vasgestel wanneer die ster verskyn het. Hy het hulle na Betlehem toe gestuur met die woorde: ‘Gaan doen noukeurig ondersoek na die Kindjie, en as julle Hom kry, laat my weet, sodat ek ook aan Hom hulde kan gaan bewys.’ Nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek; en kyk, die ster wat hulle sien opkom het, het hulle gelei totdat dit gaan staan het bo die plek waar die Kindjie was. Toe hulle die ster sien, was hulle baie bly. Hulle het in die huis ingegaan en die Kindjie saam met Maria, sy moeder, gesien, en hulle het gekniel en aan Hom hulde bewys. Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre.

Seëngroet Gemeente, julle word gegroet in die genade van God drie-enig. Lofsang L177 Jesus Groot Bo Almal (b1u2) Geloofsbelydenis:

Ek glo in Jesus Christus, die eniggebore Seun van God die Vader, Hy wat in die gestalte van God was, maar homself verneder het deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. Wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. Hy het op die derde dag weer opgestaan uit die dood, opgevaar na die hemel en Hy stel Hom aan die regterhand van God die almagtige Vader. God het Hom tot die hoogste eer verhef en hom die Naam gegee wat bo elke naam is. In die Naam van Jesus sal elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie buit en elke tong sal erken: Jesus Christus is die Here! Tot eer van God die Vader.

Gebed:

Here Jesus, vandag word ons weer in verbystering stil voor u liefde: dat U gekom het na die wêreld toe om te sterf. Dankie, dat U Uself gegee het tot in die dood. Dankie dat U ons Verlosser geword het. Ons aanbid U, Here Jesus, Koning van die kerk en van ons lewe. Wil U tog op hierdie dag opnuut Uself aan ons verbind; wil U ons asseblief deur u Heilige Gees verander dat ons soos U kan word, U kan navolg, onsself kan aflê. Word U tog meer in ons, Here Jesus, sodat dit nie meer ons sal wees wat lewe nie, maar U in ons! Amen.

Skriflesing: Johannes 19: 28-30

Ons is vanoggend by die 7de tema, van ons Lydenstyd reis van Jesus se laaste 24 uur. Vanoggend staan die tyd vir ’n oomblik stil by die laaste oomblikke van die kruisverhaal. Hierdie gedeelte van Jesus se kruistog is vir ’n bepaalde rede gekies omrede twee spesifieke woorde wat in die teks voorkom: =Asyn en Volbring

Kom ons lees saam

Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: “Ek is dors.” Daar het 'n kan vol suur wyn gestaan. Die soldate het toe 'n spons vol suur wyn op 'n hisoptakkie gesit en dit teen sy mond gehou. Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring!” Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas.

Tema: Van Goud, Mirre, Wierook na Suurwyn Prediking:

Suurwyn: Vir die votum het ons vroeër saam die geboorte verhaal van Jesus gelees. Dit is ’n verhaal wat gewoonlik net 1 maal ’n jaar gelees word. Eintlik moet dit meer gereeld gelees word. Wanneer ons die geboorte verhaal en die kruisverhaal langs mekaar neersit en vergelyk, dan sien en hoor ons hoe dié twee verhale met mekaar praat. Die begin en die einde. Begin – Waar het Jesus se lewe op aarde begin? In ’n stal, in Bethlehem. Nederig en eenvoudig is Hy gebore. In armoede en naaktheid is Jesus die wêreld in gebring. Wyse manne het Jesus kom besoek en as hulde en eerbetoning, geskenke aan Hom gegee: goud, mirre en wierook. Hierdie drie geskenke verklap ’n gedeelte van die identiteit van Jesus: Goud, want Hy is die Koning. Wierook, want Hy is God en moet vereer en aanbid word. Mirre, want Hy het gekom vir die sterflike mense.

Einde – Die lewe van Jesus het aan ’n kruis op Golgota geëindig. Alhoewel dit nie ’n stil en eenvoudige dood was nie, was dit een van brutaal en hartseer. Soos wat Jesus naak die wêreld ingekom het, het Hy ook groot en deels naak aan die kruis gehang. Naak voor God, want dis hoe die méns voor God moes staan. Daar was ook “hulde en eer” aan Jesus betoon deur vir Hom suur wyn te gee. Die “suur wyn” was volgens sommige maar net ’n asyn wat met water gemeng is. Dit was die gebruiklike soldatedrank. Blykbaar is ’n kan saamgeneem na die kruisiging om die dors van die gekruisigdes te les. Die drankie was gegee aan dié wat gekruisig word om hulle ellende verder uit te rek. Die teoloog Raymond Brown skryf in een van sy kommentare: “thirst was one of the most distressing circumstances attending the crucifixion. The wounds were highly inflamed, and a raging fever was caused, usually, by the sufferings on the cross, and this was accompanied by insupportable thirst.” Ek nooi jou uit om ’n slukkie te neem of om slegs jou tong nat te maak met die suurwyn. Gebruik van die asyn Wat proe jy? Dink net hoe moes dit vir Jesus geproe het, nadat Hy alles deurgemaak het. Dink julle die bitter of suur smaak wat in Jesus se mond gelaat is, enigsins ’n refleksie is van wat Hy beleef het? Die absolute bitterheid van die mensdom. Die brak, gal smaak van wraak, toorn en straf van God. Van Goud, Mirre en Wierook na Asyn. Wat vertel dit vir ons van die lewe van Jesus? Jesus het as Koning in die wêreld ingekom, maar sterf as misdadiger aan die kruis. Alhoewel Jesus bespot en mishandel was as misdadiger en op die ou einde gekruisig was as ’n misdadiger, het Hy nie gesterf as ’n misdadiger nie, maar steeds as Koning. Volbring Dit bring ons by ons tweede woord: “volbring”. As jy die ander Evangelies lees, dan sal jy sien hulle vertel dat Jesus met ’n harde uitroep gesterf het, maar die Johannes evangelie sê wat daardie uitroep was: “Dit is volbring!” Hierdie woord “volbring” het ’n ongelooflike betekenis. Die oomblik toe Jesus hierdie woorde uitroep en sy laaste asem uitblaas, sterf Jesus nie weens van uitputting of in ’n beswyming nie. Ons sal so dink ja, maar nee. In Jesus se laaste oomblikke, beskik Hy oor die krag om hard uit te roep en om sy lewe af te lê as ’n eie daad. Hierdie is van ondenkbare waarde. Selfs in daardie laaste oomblik aan die kruis, deur bloed en pyn, lewer Jesus die getuienis dat Hy beheer het, selfs oor die dood. Die uitroep is ’n triomfantelike verklaring dat Hy alles wat aan Hom opgedra is, volledig ten uitvoering gebring het. Iets wat geen mens ooit kan sê nie. Gemeente, ons moet besef dat Jesus nie vermoor is aan die kruis nie, want jy kan nie vir God doodmaak nie. Hy het sy aardse lewe afgelê. Die oomblik wanneer ons dink dat dié méns vir God doodgemaak het neig ons terug na die wens en verlange van paradys om soos God te word en verhewe onsself bo God. Die kruisiging was ten geen tyd buite die beheer van Jesus nie. Alles wat gebeur het, elke persoon wat ’n rol gehad het, van dissipels wat aan die slaap geraak het in die tuin, Petrus wat vir Jesus verloën het, Simon van Sirene wat Jesus se kruis moes help dra, die soldate wat geloot het oor Jesus se onderkleed tot die drink van die wyn, dit alles was in Sy beheer. Don Francisco, ’n Amerikaanse gospel sanger sing in een van sy liedere getiteld “love is not a feeling” die volgende lirieke: Jesus didn't die for you Because it was fun. He hung there for love Because it had to be done. And in spite of the anguish His work was fulfilled. Cause love is not a feeling' It's an act of your will. Ek sluit af: Wanneer ek nou vir ’n oomblik net terugsit en oor alles nadink was so pas gesê is dan vind ek moet en hoop in die tyd waarin ons is. Niks is buite die beheer van God nie. Die die pandemie van Covid-19 nie. Nie die nagevolge soos siekte, dood of ekonomiese tuimeling nie. Hou moed. God is in beheer. Amen Zapper

Elektroniese Oorbetaling

Absa

Takkode: 335445

Naam van die rekening: NG Gemeente Valhalla

Rekeningnommer: 1660580065

Verwysing: Dankoffer of Vrygee


Lied:

Daar staan ’n kruis

134 views0 comments

Recent Posts

See All

PREEK 18 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Aankondigings: Gebed: Votum: Psalm 103:1 -2 ‘n Psalm van Dawid. Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die HERE, o my siel, en vergeet

PREEK 11 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Aankondigings: Votum: “Ons hulp is in die Naam van die Here, wat hemel en aarde gemaak het. Mag wat ons sê en wat ons dink tog vir U aanneemlik wees, Here, ons Rots en ons Verlosse

PREEK 4 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Speel die video wat vroeër die jaar op Facebook geplaas is. Oomblik van stilte en waardering vir die saamwees. ’n Oomblik van inneem. Votum: Voorganger: Ewige God, U het ons geroep om le

bottom of page