top of page

3 Mei 2020 - Erediens

Verwelkoming: Goeie dag gemeente. Baie welkom by vanoggend se erediens. My gebed vir elkeen van ons is, dat ons deur vanoggend se erediens, iets van die gemeenskap met God drie-enig en mekaar sal beleef. Ons is na 35 dae in Lockdown, uiteindelik daardeur. Ons prys en eer die Here vir sy leiding gedurende daardie tyd. Ons as land beweeg egter nou ook in nuwe fases in, of altans vlakke, soos die regering daarna sal verwys. Dus weet ons nie hoe lyk die dag van more nie en so ook van die gemeente nie. Ons as gemeente vat dit saam en soos u, dag vir dag, week vir week. Aankondigings:

  • Kerkkantoor gaan Dinsdae en Donderdae tussen 09H00-10H00 oop wees, vir die afgee van kos vir die koskas asook jou gemeente bydraes in te betaal.

  • Ek is baie opgewonde oor die maand van Mei, wat vir ons voorlê. Vir die volle maand gaan ons saam deur die Psalms reis. Die Psalms word oorhoofs, tematies verdeel en daarom gaan ons elke Sondag, ’n ander tema hanteer.

  • Die Bybelskool gaan ook vir die komende maand, deur die Psalms werk.

  • U sal ook in die kalender sien dat hemelvaart en Pinkster in hierdie maand geskied. 21 Mei gaan Dr. Barnard vir ons die Hemelvaart diens lei. Ek is saam met julle baie opgewonde daarvoor!

  • Ons gaan die jaar, Pinkster so bietjie anders benader:

Pinkster onder die Denneboom Hoe gaan dit werk? Die oorspronklike beplanning was dat aangesien ons besig is met die Psalms, word elkeen van ons uitgenooi om ons eie Psalm te skrywe, wat aanhaak by een van die oorhoofse temas van die Psalms. Ons sou dan rondom ’n koppie sop dit gedurende die week van Pinkster die psalms saam gelees het. Ek glo egter dat die Here, ons nog steeds deur daardie belewenis en groei wil vat en daarom gaan dit soos volg gebeur. (Ek noem dit nou reeds vir julle, sodat julle kan begin skrywe en saam met my opgewonde raak oor die week van Pinkster.) Volgende week lees ons saam Psalm 13 wat ’n klaag psalm is. Elkeen van ons word dan uitgenooi om ’n Psalm van klag te skrywe. Jy is dan meer as welkom om indien jy sou wou, dit vir my te e-pos, WhatsApp of SMS. Ek gaan dan Maandag, 25 Mei, onder die Denneboom sit en dit lees en met die res van die gemeente te deel. Hier is die wonderlike van die skrywe van julle psalms. Dit hoef nie sin vir ander te maak nie, want die Psalm is op betrekking met jou lewe en dit kan ook anoniem bly, nes van die outeurs van sommige psalms vandag vir ons anoniem is. Gedurende opstanding Sondag met die aansteek van julle kerse, was daar iets besonders toe ons dit met mekaar gedeel het. Daarom nooi ek elkeen van julle uit om die vrymoedigheid te neem en deel te wees van “Pinkster onder die denneboom.”

  • Volgende week is Nagmaal

  • Verjaarsdae

Bird Raive 05/ 03 Van Der Berg Jaco 05/ 03 Heydenrych Fred 05/ 05 Olivier Hans 05/ 05 Butler Amanda 05/ 06 Kotze Susann 05/ 06 Geers Leon 05/ 09 Gebed: Votum: U is my Herder, Here. U sorg vir my. U self lei my waar ek moet gaan. Selfs in donker dieptes is ek nie bang nie, Want by U is ek veilig. Ek is by U ’n eregas aan tafel, Ek is by U ’n kind in die huis; U goedheid en liefde bly my by Tot in lengte van dae. Seëngroet: Gemeente, ek groet julle vanoggend in die naam van God drie-enig. Die vader, wat ons ontvang as kind in Sy huis, in die naam van die Herder, Jesus Christus en in die naam van die Heilige Gees, die een wat ons terug lei na die huis van die Vader. Refleksie: aansteek van die kers Die mens is gemaak om uitdrukking te gee aan wat in en rondom hom aan die gebeur is. As jy uitdrukking moet gee, rakende die afgelope weke, hoe sal jy dit verwoord? Wat vir my gedurende hierdie tyd van belang is, is om steeds die Here se teenwoordigheid op daaglikse basis te beleef. Sagaria 2:13 “Wees stil voor die Here, al wat leef! Hy kom uit sy heilige woning te voorskyn!” Kom ons reflekteer net vir ’n oomblik oor die woorde. Wat staan vir jou uit?

  • Die Here wat vir jou uit die heilige woning uitkom?

  • Die Here wat voorskyn?

  • Is dit om stil te wees? Hoe gaan dit met jou stiltetyd?

  • Die woord wat vir my uitstaan is “Wees”. Om net te “WEES” voor die Here. Ek kan sonder enige voorgee of pretensies, vanoggend rondom die Woord van die Here verkeer.

Lofliedere: DVD 3. 2.1 F142 Kom, Jesus, kom F381 Psalm 18 Ek roep na Hom F315 Asemrowend Prediking: Die boek Psalms, is sekerlik die mees gelese boek in die Bybel. Hoekom? Want dit gee uitdrukking aan die mens se emosie, behoefte en belewenis. Dit is ’n indrukwekkende versameling van liedere. Dit is ‘n “boek van lofliedere” soos die Hebreeuse titel Tehillîm dit stel, in Grieks Psalmoi, van waar ons die boek titel, Psalms kry. Reg in die begin word daar in Psalm 1 van die vreugde om in God se teenwoordigheid soos ’n boom te floreer gesing “Hy is soos ’n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie” en eindig met ’n oproep in Psalm 150 dat alles wat asem haal die Here moet prys “Prys Hom met galmende simbale! Laat alles wat asemhaal, die Here prys! Prys die Here! Die psalms speel ’n essensiële rol in ons uitdrukking van emosies, behoeftes en belewenisse. Dit verwoord waar ons die sin van die lewe vind. Die grootste uitdrukking wat die Psalms gee is dat die mens en die skepping sy doel en bestemming in die lewe saam met God vind. Psalm 27 vers 7 en 8 sê “Luister tog na my, Here, as ek roep; wees my genadig en verhoor my gebed. Ek onthou wat U gesê het: ‘Julle moet My kom dien!’ Ek is hier om U te dien, Here.” Aan die een kant beleef ons sin in gehoorsaamheid en diening aan God en aan die ander kant in die uitbundige lof aan God. Elke Psalm is onafhanklik geskrywe om uitdrukking te gee aan die God-belewenis van individu sowel as die gemeenskap van gelowiges. Elke Psalm het ’n eie betekenis en perspektief op die ervarings met en van God. Die belangrikste funksie van die onderskeie Godsliedere was om gesing of gelees te word om te pas by ’n spesifieke ervaring of geleentheid.

  • Die Pelgrimsliedere (120-134) wat bedoel was om met die reis na die tempel in Jerusalem gesing te word.

  • Die Lofpsalms (103-107) was bedoel as liturgie van die tempel die volk te begelei in hulle lofprysing.

  • Daar was Klaagpsalms (37)

  • Boetepsalms (51) wat bedoel was om in moeilike tye troos, uitkoms en vergifnis te vra, hetsy vir die volk of vir ’n individu.

Hierdie tyd waarin ons is, wat vir altyd bekend sal staan as die Covid-19 tyd, het gemaak dat ons unieke en uitdagende emosies en belewenisse ervaar. Hierdie tyd het ook weer die skepping opgeroep om haar diepste behoefte te herbesin. ’n Studie wat tussen 7 en 14 April in Suid-Afrika gedoen was, reg in die middel tydens ons inperking, het gewys dat meeste Suid-Afrikaners geraak word deur die Covid-19. Wat ek resultate opgelewer het, is merkwaardig. 1 uit elke 5 persone glo dat hulle die virus gaan opdoen; 63% Suid-Afrikaners vind dit moeilik om die basiese goed te doen soos die betaal van rekeninge, die verdien van inkomste, om kos op die tafel te sit en om hulle werk te behou. Elkeen van ons se daaglikse roetine is verander, sonder dat ons enigsins ’n sê daarin gehad het. Wat beleef ons nou op ’n daaglikse basis? Vrees, bekommernis, behoefte, verlange en verandering. Ons het nou, meer as ooit van te vore die Psalms nodig. Ons moet uitdrukking gee aan wat tans aan die gebeur is in ons lewens. Ons is ook self Psalm skrywers. Ek wonder: is die Psalms die mees praktiese boek in die Bybel? Ek glo so, want dit leer ons hoe om te bid, hoe om te leef, en hoe om God te loof. Dit spreek ons intellek aan, leer ons om emosioneel gesond voor God te lewe en volgens Esra 3: 10-13 vorm dit ons liturgie vir lofprysing. Só is dit ook vir ons vandag die Liedboek wat vir ons eie praktiese persoonlike geestelike lewe sowel as vir die gemeente in die liturgie gebruik word. My gebed vir ons gedurende hierdie maand is om regtig met aandag die Psalms nie net weer te begin lees nie, maar veral te begin bid en te sing, sodat dit ons sal help om dieper met God om te gaan, en dit met die woorde wat Hyself vir ons gegee het. Die Psalms help ons om van ’n oor-God gesprek na ’n met-God gesprek te beweeg. Amen Gebed: Vader, in hierdie tyd waarin ons, onsself bevind, is ’n unieke tyd. Dit is ’n tyd van groot uitdaging, verandering en bekommernis. Dit is ’n tyd waar ons diep soek na antwoorde en die sin van die lewe. Wil U nie ook, U gesig vir ons oopmaak deur U psalms nie. Here in ’n tyd waar ek emosies en gedagtes deurmaak wat vir my onbekend is vra ek dat U my sal help om uitdrukking daaraan te gee, sodat ek gesond en rein kan bly. Here, ek het vandag die gemoedsrus dat ek nie sonder U is nie, dat ek nie my dag kommer en dag met vrees moet deurgaan nie, want U sorg vir my. U is Heilig. Amen Lied: Gemeente, kom ons sing hierdie nuwe lied saam as ons Lied van Psalms. Ons het die lied so paar weke van ter vore gehoor. Prys die Heer. Vrygee: Zapper Elektroniese Oorbetaling Absa Takkode: 335445 Naam van die rekening: NG Gemeente Valhalla Rekeningnommer: 1660580065 Verwysing: Dankoffer of Vrygee Lied: Getuig, getuig


9 views0 comments

Recent Posts

See All

PREEK 18 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Aankondigings: Gebed: Votum: Psalm 103:1 -2 ‘n Psalm van Dawid. Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die HERE, o my siel, en vergeet

PREEK 11 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Aankondigings: Votum: “Ons hulp is in die Naam van die Here, wat hemel en aarde gemaak het. Mag wat ons sê en wat ons dink tog vir U aanneemlik wees, Here, ons Rots en ons Verlosse

PREEK 4 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Speel die video wat vroeër die jaar op Facebook geplaas is. Oomblik van stilte en waardering vir die saamwees. ’n Oomblik van inneem. Votum: Voorganger: Ewige God, U het ons geroep om le

bottom of page