top of page

19 April 2020 - Ds Ryno Hurn

Verwelkoming: Aankondigings:

  • Kerkraad kom die 4de Mei Bymekaar – Hopelik kan alles normaal hervat vir die 10de Mei

  • ’n Omhelsingsfees word beplan.

  • Medelye: Tannie Fransina Bird met die afsterwe van haar dogter, Gail.

  • Verjaarsdae

Hattingh Zander 04/ 19 Geyer Chris 04/ 21 Hurn Henro 04/ 21 Scheepers Hannes 04/ 21 Van Den Berg Steven 04/ 21 Gouws Marti-Marie 04/ 22 Ferreira Elsie 04/ 25 Fourie Riana 04/ 25 Uys Christa 04/ 25 Gebed: Seëngroet: Gemeente, julle word vanoggend gegroet in die Naam van ons Almagtige Vader, die Skepper van die hemel en die aarde en in die naam van die Seun, Jesus Christus, die oorwinnaar van die dood en in die naam van die Heilige Gees, die Uitgestorte, die Een met ons. Amen. Votum Lied: Dit is ’n voorreg om vandag na die Woord van die Here te luister. ’n Voorreg wat miljoene mense nie het nie. Kom ons luister na ’n pragtige nuwe lied as gebed om ons hart en gedagtes te rig vir vanoggend se diens.

  • Koning van Konings

Aansteek van die Christus kers Refleksie vraag ter voorbereiding om na die Woord van God te luister Wie en wat is die kerk? Dit is vrae wat meer en meer gevra. Dit is vrae wat ek die afgelope paar weke in diepte gevra het. Vir beide Martin Luther en Johannes Calvyn, die sogenaamde kerkvaders, was die antwoord eenvoudig. Waar die Woord van God opreg verkondig en gehoor is en waar die sakramente bedien is, daar was die ware kerk teenwoordig. Luther het verder beklemtoon dat die kerk 'n versameling van gelowiges is wat al hulle vertroue plaas in die versoening wat Jesus aan 'die kruis verwerf het. Uit genade op grond van hulle geloof in Jesus Christus is hulle gered en byeengebring as sy kerk. Calvyn het hierby aangesluit deur te beklemtoon dat die kerk 'n versameling van mense uit alle volke is wat saamgebind is deur ’n gemeenskaplike geloof in Jesus Christus. Hy het hom onder meer beroep op Matteus 18:20: “Want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.” Wie en wat is die kerk? Hoe definieer jy dit? Johan Heyns het die wese van die kerk raak opgesom deur te sê: “Die basiese struktuur van die kerk is God wat, in genade, mense in Jesus Christus uitverkies en roep en andersyds mense wat in gehoorsaamheid instemming met Gods bedoeling betuig". As ons só oor die kerk dink is die kerk in wese anders as ’n maatskappy of ’n klub. Dit daag ons om dalk opnuut anders te dink, 'n ander taal te leer praat en gans anders in die kerk te doen! Gemeente, ons is vandag volledig kerk. Selfs daar waar jy nou sit en deel is van die erediens. Hoekom word hierdie vraag aan elkeen van ons gerig? Ons gesels vandag saam rondom ’n baie belangrike tema: gasvryheid. Maar eers: kom ons loof die Here met twee Flam liedere. Lofliedere: F034 Daarom F262 ’n Duisend Stemme Sing Tema: Gasvryheid agter lockdown mure Verlede week en Donderdag, sê ek vir een van my vriende dat ek so bly is dat die lockdown amper verby is. Ek vertel vir hom dat alhoewel die tyd so lank en standig is, gaan dit vinnig verby. Ai ai, ek dink nie dat ek dit moes gesê het nie, want net daardie selfde aand kondig president Cyril Ramaphosa die verlenging aan. Vir ’n oomblik het my moed gesak. Ek is seker dat julle dit ook so beleef het. Ons wil uit. Ons wil tussen mense wees, ons wil weer iets beleef om deel te wees van ’n samelewing. Dit is baie interessant wat God ons alles deur hierdie lockdown kom uitwys. Nie te min: Ons weet egter dat die verlenging die regte opsie is wat uitgevoer word en ons bly bid vir die lande waar dit werklik nie so goed gaan nie. Gasvryheid... As ek die woord Gasvryheid hoor, dan dink ek aan twee goed:

  1. Ek wat by ’n deur staan en iemand van buite af in verwelkom.

  2. Ek onthaal mense by my huis

Hoe dink julle na oor Gasvryheid? Is ons bewus dat gasvry in werklikheid eintlik ’n beginsel en waarde is? Wat is Gasvryheid en waarom is dit ’n christelike beginsel? Hoe werk gasvryheid? Wat sê die Bybel vir ons oor Gasvryheid? Genesis 18 is een van die verhale wat vir ons meer duidelikheid gee. Kom ons lees saam. Skriflesing: Genesis 18: 1-10 Prediking: Wanneer ons nadink oor die begrip en definiëring van gasvryheid dan dink ons dit het te make met die kring mense wat jou vriende is, eintlik nie. Gasvryheid het veral te make met vreemde en anderse mense, mense met wie jy nie normaalweg as vriende assosieer nie. Die Griekse woord vir gasvryheid is philoxenia – “liefde vir vreemdelinge”. Gasvryheid beteken om uit jou gemaksone te beweeg, ’n grens na ander oor te steek, en vreemdelinge welkom en veilig te laat voel. Ek vat ons vir ’n oomblik terug na die erediens van 13 Oktober 2019 waar ons vir mekaar gesê het ons ag dit hoog as een van ons gemeente waardes om ’n gemeente van Koinonia te wees. ’n Gemeente van veilige ruimte. Die verhaal van vanoggend vertel hoe Abraham op die warmste van die dag by die ingang van sy tent sit. Sy tent is opgeslaan by die hoë terpentynbome van Mamre, naby Hebron. Dan daag God op. Abraham dog eers dis drie gewone menslike besoekers. Daarom doen hy wat in die destydse wêreld van ’n mens verwag is. Hy volg die gasvryheid reëls van die Ou Nabye Oosterse wêreld. Hy draf nader aan die besoekers, buig voor hulle, gee hulle water, was hulle voete, en bied vir hulle skaduwee aan waar hulle kon rus. Asof dit nie genoeg is nie, het hy die hele huishouding in rep en roer om ’n feesmaal voor te berei – sestien kilogram meel vir roosterkoeke, ‘n jong kalf op die spit. Terloops gemeente, dit is hoe ons van nou af huisbesoek gaan doen. Dit is duidelik dat Abraham, homself ontferm oor die vreemdelinge wat verby hom gekom het. Is die handelinge die volle beskrywing van gasvryheid? Nie heeltemal nie. Want, terwyl hulle eet en hy hulle bedien, vra die besoekers in vers 13 uit oor Abraham se vrou, Sara. Dit is hier waar die besoekers uitvra oor Sara waar die volle omskrywing van gasvryheid vir my lê. Abraham ken glad nie die besoekers nie, hulle is vir hom vreemdelinge, maar tog noem hulle vir Sara op haar naam. Wie is hierdie drie mans? Was die drie besoekers mense of was hulle engele? Abraham en Sara het gedink dis mense, maar soos Hebreërs 13 in die Nuwe Testament daarna verwys, besef ons dit is engele in die gedaante van mense. Engele gestuur deur God. Die drie besoekers is God self. Die Here kom na Abraham toe en verskyn op ’n bepaalde plek en tyd aan hom. God verskyn hier in die gestalte van ’n vreemdeling. Genesis 18:1-15 verduidelik vir ons dat gasvryheid nie gaan oor om vriende te ontvang nie en self nie eens oor die manier van ontvangs nie, maar dat die verhouding tot God en die verhouding tot die naaste nie van mekaar losgemaak kan word nie. In ons gasvrye ontvangs van mense, ontmoet ons die Here. In hierdie drie mense, engele, het Abraham en Sara vir God self ontmoet. Dit beteken dat gasvryheid ’n ongelooflike belangrike manier is waarop ons met mekaar moet omgaan, en hoe ons in hierdie wêreld teenoor ander moet optree, nie net teenoor bekendes nie, maar ook teenoor vreemdelinge. Gasvryheid is ’n leerskool in hoe God se teenwoordigheid werk. Adele Calhoun, ’n Amerikaanse prediker beskryf gasvryheid as volg: “to be a safe person who offers others the grace, shelter and presence of Jesus”. Gasvryheid beteken: liefde vir vreemdelinge. Merk op hoe Abraham sy hele huisgesin betrek tot hierdie ontvangs: in vers 6 word Sara in die verhaal in gebring, wanner Abraham na haar toe gaan en vir haar vra om brood te bak. Hy vra vir een van sy slawe om ’n jong kalf, botter en melk voor te berei. Abraham betrek sy hele huishouding by hierdie daad van gasvryheid en versorging. Dit is ook ’n waarde wat ons onder mekaar en veral onder ons gesinne moet kyk. Daar is egter ’n uitdaging tot gasvryheid: motivering Wat is ons motivering? Daar was nounou die vraag aan ons gerig: wat is kerk? Alhoewel kerkwees mense is wat in Jesus Christus uitverkies en geroep is, wat in gehoorsaamheid aan God leef, is kerkwees om gasvry te wees. Om die vreemdeling in te verwelkom. Is ons werklik kerk? Is jy werklik kerk? Christelike gasvryheid kos moeite; dit verg sterk motivering. Ons moet gemotiveer word deur die woorde van Levitikus 19:34 “Julle moet hom (‘n vreemdeling) soos ‘n medeburger behandel en hom liefhê soos julleself. Julle was immers self vreemdelinge in Egipte. Ek is die Here julle God.” Gemeente, ek sluit af: ons moet hierdie tyd van isolasie en lockdown gebruik om ware selfondersoek te doen om te kyk of ons eintlik gasvry is. Die feit dat daar tans ’n behoefte in ons is om tussen mense te wees is juis die bewys dat ons reeds waarde en beginsel van gasvryheid het. Ons moet dit net uitleef. Amen Lied: Gemeente, ek nooi julle nou uit om saam ’n nuwe lied Flam lied te sing, wat ’n pragtige lied is wat handel oor die kerkwees. F 387 Hier is U kerk. Gebed: Vrygee Slotlied: Praat ek mense engele tale

8 views0 comments

Recent Posts

See All

PREEK 18 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Aankondigings: Gebed: Votum: Psalm 103:1 -2 ‘n Psalm van Dawid. Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die HERE, o my siel, en vergeet

PREEK 11 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Aankondigings: Votum: “Ons hulp is in die Naam van die Here, wat hemel en aarde gemaak het. Mag wat ons sê en wat ons dink tog vir U aanneemlik wees, Here, ons Rots en ons Verlosse

PREEK 4 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Speel die video wat vroeër die jaar op Facebook geplaas is. Oomblik van stilte en waardering vir die saamwees. ’n Oomblik van inneem. Votum: Voorganger: Ewige God, U het ons geroep om le

bottom of page