top of page
Ng Kerk Valhalla

Pitkos vir die week - 6 Junie 2019

Pitkos 23

Gister was dit D-Dag.  Vir die van U wat te jonk is om te verstaan, dit was die dag, 75 jaar gelede, waarop die Gealieërde magte ‘n gesamentlike aanslag op die troepe van Natzie Duisland geloods het met ‘n aaval op Normandië.  Dit het meegebring dat op die eerste dag ongeveer 4000 mense gesterf het en ‘n verdere 19000 gewond is.  Dit alles is onder die vaandel van bevryding en demokrasie vir Europa.  Dit is hoe oorlog lyk en ruik en voel, vir die wat so maklik daaroor praat.  Die van julle wat so oud soos ek is en die sogenoemde, Grensoorlog meegemaak het, kan dalk daaroor saampraat.  Die afloop van die oorlog het die stigting van die VVO tot gevolg gehad, met die doel dat dit nooit weer moet gebeur nie. (vir wat dit werd is)  Niemand wen die oorlog nie, en uiteindelik is daar net verloorders.  Ek het gewonder waarom doen ons dit aan mekaar, hoe laat ons dit toe?  Tog is daar vandag ten minste 39 oorloë in een of ander vorm aan die gang.

Die groot getal gesneuweldes is skrikwekkend.  Vir  geloof en die kerk het die veldslag net begin die dag na vredes sluiting.  Die stukkende Europa met sy platgeskiete geboue en verwoeste mense, wat net mooi niks oorgehou het nie, het die stille getuienis geword van die geloofsoorlog wat in Europa geveg is.  Met vrae soos, waar was God? Hoekom het Hy dit toegelaat, of kon Hy dit nie gekeer het nie.  Waar was die kerk se stem?  In daardie tyd was die kerk ‘n magtige faktor in die politiek en samelewing.  Die hele proses van ontmensliking en daarmee saam die ontkerkliking van Europa het begin.  Die sogenoemde sekularisering van die samelewing het toe spoed gekry en die samelewing was ontnugter met geloof.  ‘n Proses wat Suid Afrika nou in sy volle greep het.

Sekularisering is die proses waar geloof gedevalueer het (My definisie vir die gesprek se onthalwe). In Suid Afrika het mense ontnugter geraak oor geloof en veral die kerk.  In die 60-80 jare van die vorige eeu was geloof soort van deel van jou DNA. Jy word daarmee gebore en sonder dit is jy niks of niemand. Nou, 70 jaar later is geloof nie meer vanselfsprekend nie.  Dit is nou mense se keuse.  En kerk is dalk nou ‘n onnodige oordadigheid. 

Hoe veg ons die stille geveg van ontkerkliking en ontnugtering in ons dorp in ons familie in ons gesin.   (baie van jou kinders en kleinkinders, kom nie meer in die kerk nie).  Die kerk sal moet leer om ‘n dienskneg in die wêreld te word en van sy hoë troon af te klim.  Ons kan nie meer vra, maar is die mense in ons gemeente nie? Hy/sy sal gesien moet word as dienskneg van God wat mense en gemeenskap onvoorwaardelik dien.

Die tweede belangrike deel van die dienende kerk is dat hy/sy sal moet leer om geloof te vertolk dat dit sin maak vir die mens wat elke dag 04:00 JHB toe jaag en eers vannaand 19:00 terugkeer.  Ons kerklike teologie is te hoogdrawend en te verhewe vir gewone mense (God kom nie meer aarde toe nie)  Daarvoor het ons die Pinkstergebeure nodig. Waar elke mens in sy eie taal gehoor het en gepraat het oor wat God in ons lewe doen.  Anders word Pinkster net so ‘n een keer ‘n jaar, ’n opwarming en opwelling van geloof en emosie, wat saam met die winterkoue verkluim.

Ons het God se Gees dringend nodig in ons wêreld.  Ons het die gawes wat die Heilge Gees ons gee, dringend nodig, nie net teen sekularisasie nie, maar ook teen oorlog en geweld.  Die vlakke van geweld en moord is besig om ons land te verwoes.  Die pinkstergees sal mense moet aangryp en ‘n verskil moet maak.

Van Huis tot huis

14 views0 comments

Recent Posts

See All

Pitkos vir die week - 1 Desember 2020

Pitkos 36 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Oor die wet Sondag 34 Vraag 92: Hoe lui die Wet van die Here? Antwoord: God het al hierdie...

Pitkos vir die week - 24 November 2020

Pitkos 35 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Sondag 31 Vraag 83: Wat is die sleutels van die koninkryk van die hemel? Antwoord: Die ...

Pitkos vir die week - 17 November 2020

Pitkos 34 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Die sakramente Sondag 25 Vraag 65: Terwyl ons slegs deur die geloof deel aan Christus en al sy...

Comments


bottom of page