top of page

Pitkos vir die week - 4 Julie 2019

Pitkos 27

Die dag toe die Hemel aarde toe gekom het

Dit is eg menslik om na die Hemel te verlang, na die besonderse plek waar alles reg verloop volgens plan. Daar waar daar die ewige rus is, en waar niemand weer werk nie. Dit is die plek met groen grasperke en goue strate en volgens die boek Openbaring, waar die troon van God is met al die beelde wat so in detail beskryf word. Uiteindelik is die begrip hemel die plek waarheen ons in ons gedagtes ontsnap uit ons daaglikse elende. Daar sal ek weg kan kruip van my mislukte huwelik, van die slegte werksomstandighede, van die politiek en die armoede en waar ek my geliefdes weer sal sien. In die hemel is alles wel en goed en mooi?

So was die geloofswêreld deur veskeie denkers (Marx ,Engels) deur die eeue beskuldig dat dit die manier is waarmee geloof, en meer spesifiek die kerk mense verslaaf. Verdra nou maar die slegte en die swaarkry en eendag in die Hemel sal almal gelukkig wees. “A pie in the sky”, ‘n ontsnapping van die werklikheid en realiteit. Hou net aan glo, eendag sal alles regkom. Dit was die beskuldiging van die filosofiese wêreld. Sien, dit hang alles af van wat jy as Hemel beskou. Ek lees ongelukkig nie die pienk teologiese boeke wat die Hemel in kleurryke taal beskryf nie, want nog die skrywers van die dun boekies, nog die boek Openbaring gee vir ons ‘n realiteitsbeeld van wat of waar die Hemel is, want dit is beeldspraak.

Die grooste stukkie Hemel het voor ons oë alreeds afgespeel, die dag met die opstanding van Jesus. Saam met Maria en ander vroue is hulle op soek na die stukkie Hemel. Daarom moet die liggaam gewas en gebalsem word met reukolie, (die dood stink maar) asof ons alles moet gereed kry vir die intog in die Hemel. Die verbaaste vroue begryp nie dat die Hemel het aarde toe gekom in die vorm van die opstanding nie. Dit vind daagliks voor ons oë plaas. Die dood is dood, se Paulus en ek glo hom! Dit is die hemel wanneer die mees angswekkendste aakligste ding wat met almal van ons kan gebeur, vernietig word. Wanneer die magtige God in ons midde intree en sê “dit is Ek, Maria”. Ek het opgestaan sodat julle kan opstaan. Dit is die wekroep van die Koninkryk van die Hemele. Wie wil nou groen gras en goue strate hê, as jy die dood van die dood kan aanskou, en daarby jou eie opstanding kan beleef.

Hier in die sestiger jare van die vorige eeu het die teoloë vreeslik onder mekaar geveg, nadat ‘n briljante teoloog verklaar het dat God dood is, want het hy gesê, die gelowiges het Hom dood gemaak. Ek dink ons vermoor God op ‘n daaglikse basis, wanneer ons Hom nie hier langs ons, by ons, raaksien nie. Ons is soos die die dissipels van ouds, besig om agter die opvarende Jesus te staar op soek na iets, ‘n beter lewe, dalk die Hemel? Terwyl Hy hier saam met my, in my leë graf is en dit Hemel maak. Ek dink ons soek verkeerd na die Hemel, daar vêr weg, bo die uitspansel, terwyl Hemel hier by my is. Want God is hier by my. Ons het vir onself ‘n Hemel geskep, wat waarskynlik iets heel anders is as die utopia wat ons in ons gedagtes het. Die voorgangers in die kerk het in die vorige eue ons ook nie gehelp nie. Die Hemel is vol Engeltjies met goue vlerke? Ek en jy woon elke dag die dood se begrafnis by, ‘n stukkie Hemel op aarde.

Die ou lied is waar “ontwaak jy wat slaap en staan op uit die dood.” !!

Groete van Huis tot huis.

10 views0 comments

Recent Posts

See All

Pitkos vir die week - 1 Desember 2020

Pitkos 36 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Oor die wet Sondag 34 Vraag 92: Hoe lui die Wet van die Here? Antwoord: God het al hierdie gebooie aangekondig (Eks 20:1-17; Deut 5:6-21): Ek is die Here

Pitkos vir die week - 24 November 2020

Pitkos 35 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Sondag 31 Vraag 83: Wat is die sleutels van die koninkryk van die hemel? Antwoord: Die verkondiging van die heilige evangelie en die Christelike tug.

Pitkos vir die week - 17 November 2020

Pitkos 34 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Die sakramente Sondag 25 Vraag 65: Terwyl ons slegs deur die geloof deel aan Christus en al sy weldade kry, waar kom so 'n geloof dan vandaan? Antwoord:

bottom of page