top of page
Ng Kerk Valhalla

Pitkos vir die week - 28 Januarie 2020

Pitkos 1

Inleiding

📷

2020 Is sommer alreeds goed aan die gang en vir ván ons is die Desembervakansie al lank vergete. Hierdie week se Pitkos uitgawe is nie ’n “pitkos” vir die siel uitgawe nie, maar meer ’n inligtingsblad. So, wat lê vir ons en wag vir 2020 i.t.v. Pitkos? Wel, ek is baie opgewonde om hierdie jaar saam met julle op reis te wees. Ons gaan oor lekker (en soms ook uitdagende en moeilike) onderwerpe saam gesels.

Wat is die doel van die jaar se Pitkos?

Eenvoudig, om elkeen van ons se gedagtes bietjie los te maak oor sekere onderwerpe en ons te dwing om nuut te kyk na God, die wêreld, onsself en die manier hoe ons dink oor godsdiens en teologie in die algemeen.

Moet ek heeltyd saamstel met dit wat in die Pitkos geskrywe word?

Beslis nie. Deel van die wonderlike van Pitkos is juis dat ons mag (en soms moet) verskil. Baie van die inhoud wat in Pitkos bekend gemaak word stem ek ook nie eens mee saam nie, maar dit is goed om soms net te hoor hoe ander mense dink. Inhoud sal opgemaak word van my eie oortuigings, ’n Gereformeerde oortuiging, die van ander teoloë en van die sekulêre wêreld.

Wanneer is die Pitkos beskikbaar en hoe skakel dit met die Bybelskool in?

Pitkos word elke Woensdagoggend vrygestel. Daar sal egter nie ’n Pitkos uitgawe wees wanneer die volgende gebeur:

Wanneer ek met verlof is;Wanneer dit skoolvakansie is.

Die Pitkos word ook weekliks by die twee Bybelskool geleenthede in diepte bespreek. Die Pitkos van die week word reeds die Dinsdagaand om 18H00 bespreek (voordat dit uitgestuur word) en dan die Woensdagoggend om 09H00. Let egter asb. hierop dat die bespreking van die Pitkos tema gedurende Bybelskool geleenthede, die week van die Pitkos bespreek word en nie daarop volgens nie.

Watter temas gaan ons bespreek?

Februarie

12 Februarie – Gebed: die wat, hoe en waaroms van gebed 19 Februarie – wat is die Vader? 26 Februarie – wat is die Seun?

Maart

4 Maart – word alle mense gered deur Christus se verlossing? 11 Maart – is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en die en in sy guns kan kom? 18 Maart – wat gebeur na die dood met jou en mense wat nie in Christus glo nie?

April

1 April – wat beteken Jesus se menswording vir jou? 8 April – wat beteken Jesus se kruisdood en vergifnis van jou sonde vir jou? 15 April – wat beteken Jesus se opstanding en hemelvaart vir jou?

Mei

6 Mei – wat is klag? 13 Mei – wat is vertroue? 20 Mei – wat is lof? 27 Mei – wat is die hemelvaart?

Junie

3 Junie – wat is die Heilige Gees? 10 Junie – hoe help die heilige gees jou?

Julie

8 Julie – waar kom ware geloof vandaan? 15 Julie – Is dit genoeg? vergelyk met die boek van Jakobus? 22 Julie – wat is geloofsbelydenis? 29 Julie – Geloofsbelydenis van Nicea

Augustus

5 Augustus – apostoliese geloofsbelydenis 12 Augustus – geloofsbelydenis van Athanasius 19 Augustus – wat is die kerk? 26 Augustus – hoe lyk die kerk vandag?

September

2 September – hoekom is daar verskillende soorte kerke? 9 September – Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? 16 September – hoe lyk ons gemeente? (evaluering van ons gemeente) 30 September – wat is die rol van ’n diaken?

Oktober

7 Oktober – wat is die rol van ’n ouderling? 14 Oktober – wat is die sakramente? 21 Oktober – wat is die nagmaal? 28 Oktober – waar en hoe mag ek die nagmaal gebruik?

November

4 November – wat is die doop? 11 November – wat is die verskil tussen inseën en doop? 18 November – wat is danksegging en hoekom is dit belangrik?

Seën vir julle jaar

18 views0 comments

Recent Posts

See All

Pitkos vir die week - 1 Desember 2020

Pitkos 36 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Oor die wet Sondag 34 Vraag 92: Hoe lui die Wet van die Here? Antwoord: God het al hierdie...

Pitkos vir die week - 24 November 2020

Pitkos 35 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Sondag 31 Vraag 83: Wat is die sleutels van die koninkryk van die hemel? Antwoord: Die ...

Pitkos vir die week - 17 November 2020

Pitkos 34 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Die sakramente Sondag 25 Vraag 65: Terwyl ons slegs deur die geloof deel aan Christus en al sy...

Comments


bottom of page