top of page

Pitkos vir die week - 27 Junie 2019

Pitkos 26

Byna elke dag vra gemeente lede vir my; wat van Morelettapark? Dan is my teenvraag, maar wat van Morelettapark?  Dit is asof daar ‘n byna opgewondenheid is, nie oor wat nie, maar wanneer skeur of breek hulle dan nou weg.  Dit het my net opnuut bewus gemaak dat van die groot stuk onkunde wat lidmate het oor die kerk. 

Heel eerste is die kerk soos ons hom ken, is nie die maaksel van mense nie maar op Pinkstersondag word die kerk gebore wanneer die Heilige Gees uitgestort word.  Die kerk is die werk van die Heilige Gees en nie mense nie.  Mense maak party keer asof dit hulle eiendom is en dit veroorsaak dat daar uitsprake kom soos “in my kerk sal dit of dat nooit plaasvind nie”.  Die kerk is die Here sin en behoort aan geen Sinode of Ring of kerkraad nie.  Die kerkraad bestuur die gemeente namens God en is suiwer diensknegte in diens. Daarom is die woord wat in die Nuwe Testament gebruik word vir kerk, Kuruake, Die Here sin.  Hy het die klomp sondaars bymekaar gemaak en is die kerk gemaak vir sondaars en nie vir “Super vroom volmaakte gelowiges” nie.  Daarom voel ek so tuis!

Niemand kan eintlik die kerk skeur nie en tog vind dit plaas maar onder groot protes.  Want die vraag is altyd, hoe skeur jy die liggaam van Christus.  Waaroor skeur kerke dan?  Die meeste van die tyd is dit menslike en politieke oortuigings, maar daar is tog ook teologiese verskille.  Die meeste daarvan gaan oor twee vrae, hoe verstaan ons God en hoe verstaan ons die Bybel. 

Die NG kerk het al ‘n paar keer deur die gesprek gegaan oor skrifinterpretasie en dit is maar nou weer op die tafel (lees Moreletta) Dit is nie noodwendig ‘n slegte gesperk nie, want twee mense lees dieselfde Bybel en kom by twee verskillende antwoorde uit.  Daarom is die gesprek oor die Bybel en sy interpretasie ‘n daaglikse gesperk binne die teologiese wêreld en dit hoort volgens die gereformeerde belydenis deel van ons DNA te wees. Die hervormers het tog gesê “die kerk moet altyd in homself weer reformer” (ondersoek en verander indien nodig).  In 1932 spreek Prof du Plessies homself uit omdat die kerk destyds onder andere bely het dat Moses die eerste 5 boeke van die Bybel geskryf het, dit is egter nie moontlik nie.  Dit het aanleiding gegee dat dat Prof Du Plessie geskors is en hy het dit in die hof gaan betwis en gewen maar ongelukkig het hy nie sy pos as professor terug gekry nie.  Vandag weet ons Moses kon dit nie geskryf het nie.  Ek sou meer van die voorbeelde kon noem. Kopernikus is byna brandstapel toe gestuur omdat hy durf sê dat die aarde nie plat is nie maar rond!!  Daarom, eg Bybels, sit ‘n wag voor jou mond.

Baie gelowiges (nie almal nie) se dat die NG kerk moet terugkeer na die Bybel.  Moet ek (Piet) nou terugkeer na offerhande en dat alle mans besny moet word op die 8ste dag en vroue hoede moet opsit en hulle self gaan reinig in sekere lewens fases.  Moet ek my oudste kind gaan offer voor ‘n groot veldslag, en moet ek dit goedkeur dat groot koning Dawid vroues wat swanger was laat oopsny en doodmaak? Waarheen moet ons dan nou terugkeer.  Kan iemand my dalk help want ek voel ons het sedert Christus se kruisiging en opstanding in ‘n nuwe Kontrak of verbond ingetree. Ons doop kinders (ipv besnydenis) en ons vier die opstanding met die nagmaal op Sondag (ipv Sabat) want die finale offer is betaal ens ens. 

Daarom is dit belangrik dat die gesprek voordurend sal voortgaan.  Ons moet bly soek na antwoorde op groot vraagstukke soos die genadedood en genetiese manipulasie. Ons moet antwoorde kry oor ‘n deel van ons samelewing wat ander seksueel anders is, oor armmoede oor Vigs.  So, ons het baie en ek bedoel baie gesprek nodig.  Die liggaam van Christus kan en mag jy nie skeur nie. Dit is Sonde,

Praat saam ons het mekaar nodig.

Groete van Huis tot huis.

18 views0 comments

Recent Posts

See All

Pitkos vir die week - 1 Desember 2020

Pitkos 36 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Oor die wet Sondag 34 Vraag 92: Hoe lui die Wet van die Here? Antwoord: God het al hierdie gebooie aangekondig (Eks 20:1-17; Deut 5:6-21): Ek is die Here

Pitkos vir die week - 24 November 2020

Pitkos 35 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Sondag 31 Vraag 83: Wat is die sleutels van die koninkryk van die hemel? Antwoord: Die verkondiging van die heilige evangelie en die Christelike tug.

Pitkos vir die week - 17 November 2020

Pitkos 34 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Die sakramente Sondag 25 Vraag 65: Terwyl ons slegs deur die geloof deel aan Christus en al sy weldade kry, waar kom so 'n geloof dan vandaan? Antwoord:

bottom of page