top of page

Pitkos vir die week - 26 Mei 2020

Pitkos 16

Hemelvaart


Inleiding:

Verlede week was Christus se hemelvaart so saggies gevier. Die dag was herdenk waar Jesus deur ’n wolk weggeneem was. As ons hemelvaart met die Lydenstyd vergelyk wil dit lyk of die Lydenstyd baie meer aandag geniet as wat hemelvaart doen! Is dit omdat Lydenstyd belangriker is as die hemelvaart of omdat ons nie die volle betekenis daarvan begryp nie? Wat is die hemelvaart? Wat is dit nie? Hemelvaart is geensins minder belangrik as Lydenstyd nie. Dit is ook nie ’n gebeurtenis wat afsonderlik gesien moet word nie, maar eerder ’n volgende fase van die verhouding tussen God en mens.

Handelinge 1:9-11

9Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en ’n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie. 10Terwyl Hy weggaan en hulle nog stip na die hemel kyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan. 11Dié sê toe vir hulle: “Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.”

Wat is die hemelvaart?

Die vraag is aan die begin gerig: hoekom geniet die hemelvaart nie dieselfde aandag as die Lydenstyd nie? Dit mag dalk net wees omdat ons die betekenis van die hemelvaart ietwat onderskat. Die gebeurtenis is ryk aan waarde en betekenis. God het Homself verneder die dag toe Hy die vorm van die mens aangeneem het. Hy het vir ’n oomblik sy status prysgegee en tussen die skepping kom woon. Die hemelvaart is eerstens God wat weer verhoog word bo die skepping. Die dood is oorwin en daarmee saam die sonde van die volle tyd. Dit is nie meer vir God nodig om in die vorm van die mens op aarde te wees nie. Die vyand is verslaan en daar is nie ’n kans dat die vyand enigsins weer kan heers nie. Tweedens, die Seun is by die Vader en tree voortdurend vir ons in. Omdat Christus mens geword het, in die stofstrate van die aarde geloop het en toe weer opgeneem is in die hemel, het ons vandag sekerheid dat Jesus die nuwe gesig van die nuwe mens/skepping beklee. Die hemelvaart bied ook ’n uitdaging vir ons: omdat Christus nie meer fisies op die aarde met ons is nie, mag die mens dalk wonder en voel of hy alleen is. Is ons nou alleen?

Wat beteken die hemelvaart nie?

Die hemelvaart beteken nie dat God die mens oorlaat aan sy eie genade nie. Dit beteken ook nie dat ons alleen is nie. Daarom het Hy die Heilige Gees oor ons uitgestort.

Heidelbergse Kategismus

46 Vraag: Wat verstaan jy onder: wat opgevaar het na die hemel?

Antwoord: Christus is voor die oë van sy dissipels van die aarde af na die hemel opgeneem (a) en Hy is vir ons daar ten goede (b) totdat Hy terugkom om reg te spreek oor die lewendes en die wat alreeds gesterf het (c).

(a) Hand 1:9; Mark 16:19; Luk 24:51: (b) Heb 9:24; 4:14; Rom 8:34; Kol 3:1. (c) Hand 1:11; Matt 24:30.

49 Vraag: Watter nut het die hemelvaart van Christus vir ons?

Antwoord: Ten eerste dat Hy in die hemel ons Voorspraak by die Vader is (a). Ten tweede dat ons ons menslike natuur in die hemel as 'n betroubare waarborg het dat Hy, as die Hoof; ook ons, sy lede, na Hom toe sal neem (b). Ten derde dat Hy sy Gees as waarborg na ons toe stuur (c) deur wie se krag ons soek na wat daar bo is, waar Christus is en aan die regterhand van God sit, en nie na wat op die aarde is nie (d).

(a) 1 Joh 2:1; Rom 8:34. (b) Joh 14:2; 17:24; 20:17 2:6. (c) Joh 14:16; 16:7; Hand 2:33; 2 Kor 1:22; 5:5 (d) Kol 3:1.

50 Vraag: Waarom word daar bygevoeg: en sit aan regterhand van God?

Antwoord: Christus het na die hemel opgevaar sodat Hy Hom daar as die Hoof van sy Christelike kerk (a) kan betoon, deur wie die Vader alles regeer (b).

(a) Ef 1:20-23; Kol 1:18. (b) Matt 28:18; Joh 5:22.

Seën vir julle Ds. Ryno Hurn

11 views0 comments

Recent Posts

See All

Pitkos vir die week - 1 Desember 2020

Pitkos 36 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Oor die wet Sondag 34 Vraag 92: Hoe lui die Wet van die Here? Antwoord: God het al hierdie gebooie aangekondig (Eks 20:1-17; Deut 5:6-21): Ek is die Here

Pitkos vir die week - 24 November 2020

Pitkos 35 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Sondag 31 Vraag 83: Wat is die sleutels van die koninkryk van die hemel? Antwoord: Die verkondiging van die heilige evangelie en die Christelike tug.

Pitkos vir die week - 17 November 2020

Pitkos 34 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Die sakramente Sondag 25 Vraag 65: Terwyl ons slegs deur die geloof deel aan Christus en al sy weldade kry, waar kom so 'n geloof dan vandaan? Antwoord:

bottom of page