top of page

Pitkos vir die week - 25 April 2019

Pitkos 16

Waarom is Jesus gebore? Sodat Hy gekruisig kan word?  Dit klink te paradoksaal verkeerd.  Iets in die sin maak nie sin nie! Was daar nie dalk ‘n ander uitweg nie? Dit is die soort van gesprek wat nie antwoorde het nie.  Die direkte teologiese antwoord is voor die handliggend: Omdat Hy mense lief gehad het, omdat Hy mense wou red van hulle eie ondergang.  Omdat die model van die skepping verkeerd geloop het toe die mens beheer by God oorgeneem het.  Toe die mens gesê het soos ons kinders en kleinkinders dit altyd sê: “Ek sal self.”

Daarom het die mens redding van homself nodig gehad.  Maar vir my, en ek dink vir baie van julle waaskynlik ook, lyk dit soos die beeste op die plaas.  Hulle is so mooi en vet en ek weet hulle gaan geslag word, sodat mense die steak kan braai.  Is dit wat met Jesus gebeur het?  Hy is “vet” gemaak sodat Hy geslag kan word.

Ek dink dat ons op ‘n ander punt moet begin.  God skep die aarde en dan sê die Bybel tereg, die mens word as kroon van die skepping geskape.  Met ander woorde hy beskik oor alles, al die vermoë om die skepping te bestuur en God geniet sy skepping en Hy kommunikeer met die mens op die ongelooflikste persoonlike vlak.  Dit is hoe dit veronderstel is om te wees.  Mens in gesprek met God en mens in verhouding met die medemens en die wêreld.  En dan die mislukking, die mens vermorsel alles waaraan hy vat, hy verwoes dit, en God moet plan maak met die gemors.  Hy stuur profete en konings om die mense te vermaan, maar helaas is dit tevergeefs.  Hy straf sy verbondsvolk deur hulle van hulle grondgebied te onteien, en helaas is daar nie hoop nie.  Toe stuur Hy vir Jesus, nie om “vet” gemaak te word nie, nie om geslag te word nie, maar om die mens te leer hoe om te lewe.  Om die medemens, ongeag wie of wat of wat se taal hy praat, onvoorwaardelik lief te hê soos hy vir God lief het.

Selfs dit werk maar ten dele en uiteindelik word Jesus die slagoffer van die mens se blindheid en wraak  en hulle kruisig Hom.  Was dit dan nie God se plan nie? Verseker, want Hy wou ons leer om jou lewe vir iemand anders te gee is beter as om dit vir jouself en jou eie hebsug toe te eien.  God leer ons wat liefde is en Hy leer ons wat genade is.  Hy is al die tyd besig om ons te leer hoe om te leef en met Hom saam te leef.

Paasfees vertel die storie van hoe God ons regtig lief het, dat Hy alle mense wil red en dat Hy met sy seun “gewaag ” het (verkeerde woorde en verkeerde begrip) om ons te oortuig om hierdie liefde uit te leef. 

Vir ons is die begrip te groot. Ons is gewoond om vir alles wat ons (wil) ontvang (Johan Cilliers) ’n teenprestasie te lewer, om daarvoor te werk en daarvoor te betaal.  Alles kos mos iets, niks is verniet nie.  Dit is verniet?? Dan moet daar fout wees. 

God se genade en liefde aan ons is verpak as ‘n vrye gawe van sy Seun om ons van onsself en die sonde te verlos.  Ons sou Hom dalk nie geglo het as die bloed en stof van Golgota nie om die stuk genade geklou het nie.  Nou weet ons God gee regtig om.

“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.”

Geseënde Paastyd

Van Huis tot huis     

Piet Marais 0832590023

1 view0 comments

Recent Posts

See All

Pitkos vir die week - 1 Desember 2020

Pitkos 36 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Oor die wet Sondag 34 Vraag 92: Hoe lui die Wet van die Here? Antwoord: God het al hierdie gebooie aangekondig (Eks 20:1-17; Deut 5:6-21): Ek is die Here

Pitkos vir die week - 24 November 2020

Pitkos 35 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Sondag 31 Vraag 83: Wat is die sleutels van die koninkryk van die hemel? Antwoord: Die verkondiging van die heilige evangelie en die Christelike tug.

Pitkos vir die week - 17 November 2020

Pitkos 34 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Die sakramente Sondag 25 Vraag 65: Terwyl ons slegs deur die geloof deel aan Christus en al sy weldade kry, waar kom so 'n geloof dan vandaan? Antwoord:

bottom of page