Pitkos 34
Die Bybel
📷
Die Jode het die Tenach, die Moslems lees die Quran, Hindoes raadpleeg o.a. die Vedas, die Boeddhistiese tradisie soek wysheid in die Tripitaka en Mahayana Sutrasen die Christendom het die Bybel. Daar is geen boek soos die Bybel nie. Hierdie week se Pitkos is ’n platform waar interessante feite rakende die Bybel gedeel word. In volgende week se Pitkos uitgawe gaan ons meer in diepte kyk na hoe ons die Bybel moet lees, verstaan, interpreteer en glo.
Wat is die DNA van hierdie boek wat ons die Bybel noem? Die boek wat ons elke dag (veronderstel is om te) lees. Die boek wat vir ons wysheid en rigting aandui. Dit is verstommend, maar terselfdertyd ook baie hartseer hoe min ons as gelowiges, wat elke dag met die Bybel omgaan, werklik van die Bybel weet.
Die woord “Bybel” kom van die Griekse woord βιβλια biblia en beteken eenvoudig “boek”. Die Bybel kan ook gesien word as ’n biblioteek, met die versameling van verskillende boeke. Die Bybelgenootskap definieer die Bybel as die “tasbaarste vorm van kommunikasie tussen God en die mens.”
Outeur(e)
Ongeveer 40 verskillende skrywers het help skryf aan die Bybel. Die skrywers was konings (Dawid), vissermanne (Petrus), priesters (Daniel en Job), regerings-amptenare (Hosea), skaapwagters (Amos) en dokters (Lukas). Daar is sonder enige twyfel net 1 outeur van die Bybel: God self. Die Bybel is “geïnspireer deur God” (2 Tim 3:16). DateringDie hele Bybel is geskryf oor ‘n periode van ongeveer 1600 jaar, vanaf ongeveer 1500 v.C. tot ongeveer 95 n.C. UiteensettingDie Bybel bevat 66 verskillende boeke. 39 Boeke in die Ou Testament en 27 in die Nuwe Testament.
Ou Testament
Die Pentateug:Genesis, Eksodus, Levitikus, Numeri, Deuteronomium
Die Pentateug vertel die verhaal van die skepping van die wêreld tot en met die dood van Moses asook die Israeliete se voorbereiding om die land Kanaän in te gaan.
Twaalf historiese boeke oor Israel:
Josua, Rigters, Rut, 1 & 2 Samuel, 1 & 2 Konings, 1 & 2 Kronieke, Esra, Nehemia, Ester.
Die twaalf historiese boeke vertel die verhaal waar Israel die Beloofde Land binne gaan en die geskiedenis van Israel tot die vernietiging van Jerusalem asook die terugkeer uit die ballingskap in Babilon.
Wysheid en POËTIESE BOEKE:
Job, Psalm, Spreuke, Prediker, HoogliedHierdie versamelingsstukke van poësie en liedere omskryf die mens se diepe soeke en verlange na God, asook die worsteling met homself en die wêreld.
Die ProfeteDie profete was God se mondstukke wat die geestelike probleme van hul generasie aangespreek het en wat geprofeteer het oor toekomstige gebeure. Die Profete word ingedeel in twee groepe gebaseer op hoe lank die boek is:
5 Groot profete
Jesaja, Jeremia, Klaagliedere, Esegiël, Daniël.
12 Klein Profete Hosea, Joël, Amos, Obadja, Jona, Miga, Nahum, Habakuk, Sefanja, Haggai, Sagaria, Maleagi.
Die Nuwe Testament
Evangelies Matteus, Markus, Lukas, Johannes. Geskiedenis Handelinge.Handelinge vertel die verhaal van die ontstaan en groei van die eerste kerk in Jerusalem. Dit bevat ook Paulus se optrede as sendeling en gemeentebouer BrieweRomeine, 1 & 2 Korintiërs, Galasiërs, Efesiërs, Filippense, Kolossense, 1 & 2 Tessalonisense, 1 & 2 Timoteus, Titus, Filemon, Hebreërs, Jakobus, 1 & 2 Timoteus, Titus, Filemon, Hebreërs, Jakobus, 1 & 2 Petrus, 1, 2 & 3 Johannes, Judas. Die volgende gedeelte van 22 boeke is briewe aan kerke en individue. Hier word in meer diepte beskryf rakende wat dit beteken om ‘n Christen te wees en hoe om as Christen te lewe. Apokalips Openbaring.(Dit is ook eintlik ʼn brief, maar wat in ʼn besondere tipe literatuur gegiet is.)Dit is ‘n profetiese skryfstuk met betrekking tot wat in die toekoms sal gebeur, en hoe God beplan om die wêreld wat Hy gemaak het, te vernietig, wat nou korrup en ver van Sy aanvanklike planne geword het.
Taal
Die Bybel is nie oorspronklik in Afrikaans geskryf nie. Al vergeet ons dit partymaal. Die Ou Testament is oorspronklik in Hebreeus (אלוהיםElohiem – God) geskryf wat geen klinkers bevat nie. Die Nuwe Testament (Ιησούς Χριστός Ihsous Xristos - Jesus Christus) is in Grieks geskryf.
’n Paar interessante feite oor die Bybel
Daar is altesaam 1189 hoofstukke in die hele Bybel. 929 Hoofstukke in die Ou Testament en 260 hoofstukke in die Nuwe Testament. Die 1,189 hoofstukke het altesaam 31,214 versies, wat 773,746 woorde is met 3,466,480 letters.
Die langste vers is Ester 8:9. Die kortste vers is 1 Tessalonisense 5:17 “Bid gedurig.” Die middelste vers van die Bybel is Psalm 118:8. “Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou.
Die korste hoofstuk is Psalm 117. Die langste hoofstuk is Psalm 119.
Die kortste boek is 2 Johannes. Die Middelste boek in die Bybel is Miga en die langste boek is Psalms.
Die Bybel is al in 683 verskillende tale vertaal waarvan daar 5 verskillende Afrikaanse vertalings is. My gebed is dat hierdie se Pitkos oor die Bybel vir elkeen van ons weer ’n longer en dors laat ontwikkel om besig te raak met die Woord van God. Moenie jou Bybellees tyd afskeep nie. Groete Ds. Ryno Hurn
Comentários