top of page

Pitkos vir die week - 20 Oktober 2020

Pitkos 30 Die Heidelbergse Kategismus (HK)

Vraag 21: Wat is 'n ware geloof? Antwoord: 'n Ware geloof is nie alleen 'n vasstaande kennis waardeur ek alles wat God in sy Woord aan ons geopenbaar het (a) vir waar aanvaar nie, maar ook 'n vaste vertroue (b) wat die Heilige Gees (c) deur die evangelie in my hart werk (d), naamlik dat God nie net aan ander nie, maar ook aan my uit loutere genade, slegs op grond van die verdienste van Christus (e), vergewing van sondes, ewige geregtigheid en saligheid (f) geskenk het. (a)Jak 2:19. (b) Heb. 11:1, 7; Rom 4:18-21; 10:10; Ef. 3:12; Heb. 4:16; Jak 1:6. (c) Gal 5:22; Matt 16:17; 2 Kor. 4:13; Joh 6:29; Ef. 2:8; Fil 1:19; Hand 16:14. (d) Rom 1:16; 10:17; 1 Kor. 1:21; Hand 10:44; 16:14. (e) Ef. 2:8; Rom 3:24; 5:19; Luk. 1:77, 78. (f) Rom 1:17; Gal 3:11; Heb. 10:10, 38; Gal 2:16. Vraag 22: Wat moet 'n Christen glo? Antwoord: Alles wat in die evangelie aan ons beloof word (a) en wat die artikels van ons algemene en ongetwyfelde Christelike geloof ons in hoofsaak leer. (a)Joh 20:31; Matt 28:19; Mark 1:15. Vraag 23: Hoe lui die artikels? Antwoord: (1) Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde. (2) En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; (3) wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria; (4) wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en neergedaal het na die hel; (5) wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dood; (6) opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, (7) waarvandaan Hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel. (8) Ek glo in die Heilige Gees. (9) Ek glo aan 'n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges; (10) die vergewing van sondes; (I1) die opstanding van die liggaam (12) en 'n ewige lewe. Sondag 8 Vraag 24: Hoe word hierdie artikels ingedeel? Antwoord: In drie dele: die eerste handel oor God die Vader en ons skepping; die tweede oor God die Seun en ons verlossing; die derde oor God die Heilige Gees en ons heiligmaking. Vraag 25: Terwyl daar maar tog net een, enige Goddelike Wese is, waarom praat jy van drie, naamlik die Vader, Seun en Heilige Gees (a)? Antwoord: Omdat God Hom so in sy Woord geopenbaar het (b) dat hierdie drie onderskeie Persone die enige, ware en ewige God is. (a)Deut. 6:4; Ef. 4:6; Jes. 44:6; 45:5; 1 Kor. 8:4, 6. (b) Jes. 61:1; Luk. 4:18; Gen 1:2, 3; Ps 33:6; Jes. 48:16; Matt 3:16, 17; 28:19; 1 Joh 5:7; Jes. 6:1, 3; Joh 14:26; 15:26; 2 Kor. 13:13; Gal 4:6; Ef. 2:l8; Tit 3:5, 6. Sondag 9 Vraag 26: Wat glo jy as jy sê: Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde? Antwoord: Ek glo dat die ewige Vader van ons Here Jesus Christus wat die hemel en aarde met alles wat daarin is, uit niks geskep het (a) en deur sy ewige raad en voorsienigheid nog onderhou en regeer (b), ter wille van sy Seun Christus my God en Vader is. (c) Op Hom vertrou ek so dat ek nie daaraan twyfel dat Hy my, met alles wat vir liggaam en siel nodig is, sal versorg nie (d). Hy sal ook al die kwaad wat Hy in hierdie jammerdal oor my beskik, tot my beswil verander (e), omdat Hy dit as 'n almagtige God kan (f) en ook as 'n getroue Vader wil doen (g). (a)Gen 1 en 2; Eks 20:11; Job 33:4, 38, 39; Hand 4:24; 14:15; Ps 33:6; Jes. 45:7. (b) Heb. 1:3; Ps 104:27-30; 115:3; Matt 10:29; Ef. 1:11: (c) Joh 1:12; Rom 8:15; Gal 4:5-7; Ef. 1:5. (d) Ps 55:23; Matt 6:25, 26; Luk. 12:22. (e) Rom 8:28: (f) Jes. 46:4; Rom 10:12. (g) Matt 6:32, 33; 7:9-11. Sondag 10 Vraag 27: Wat verstaan jy onder die voorsienigheid van God? Antwoord: Die almagtige en oral teenwoordige krag van God (a) waardeur Hy hemel en aarde en al die skepsels asof met sy hand nog onderhou en so regeer (b) dat lower en gras, reën en droogte (c), vrugbare en onvrugbare jare, voedsel en drank, gesondheid en siekte (d), rykdom en armoede (e) en alles, ons nie per toeval nie, maar uit sy Vaderhand toekom (f). (a)Hand 17:25-28; Jer. 23:23, 24; Jes. 29:15, 16; Eseg. 8:12. (b) Heb. 1:3. (c) Jer. 5:24; Hand 14:17. (d) Joh 9:3. (e) Spr. 22:2. (f) Matt 10:29; Spr. 16:33. Vraag 28: Wat baat dit ons dat ons weet dat God alles geskep het en dit nog deur sy voorsienigheid onderhou? Antwoord: Dat ons in alle teëspoed geduldig (a) en in voorspoed dankbaar (b) kan wees. Verder dat ons ook vir die toekoms 'n vaste vertroue in ons getroue God en Vader (c) kan stel dat geen skepsel ons van sy liefde sal skei nie (d), aangesien alle skepsels so in sy hand is dat hulle sonder sy wil nie kan roer of beweeg nie (e). (a)Rom 5:3; Jak 1:3; Ps 39:10; Job 1:21, 22. (b) 1 Tess 5:18; Deut. 8:10. (c) Ps 55:23; Rom 5:4. (d) Rom 8:38, 39. (e) Job 1:12; 2:6; Spr. 21:1; Hand 17:2.

Seën vir julle

Ds. Ryno Hurn

7 views0 comments

Recent Posts

See All

Pitkos vir die week - 1 Desember 2020

Pitkos 36 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Oor die wet Sondag 34 Vraag 92: Hoe lui die Wet van die Here? Antwoord: God het al hierdie gebooie aangekondig (Eks 20:1-17; Deut 5:6-21): Ek is die Here

Pitkos vir die week - 24 November 2020

Pitkos 35 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Sondag 31 Vraag 83: Wat is die sleutels van die koninkryk van die hemel? Antwoord: Die verkondiging van die heilige evangelie en die Christelike tug.

Pitkos vir die week - 17 November 2020

Pitkos 34 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Die sakramente Sondag 25 Vraag 65: Terwyl ons slegs deur die geloof deel aan Christus en al sy weldade kry, waar kom so 'n geloof dan vandaan? Antwoord:

bottom of page