top of page
Ng Kerk Valhalla

Pitkos vir die week - 20 Junie 2019

Pitkos 25 Genade, Barmhartigheid en Vrede

Die Bybel is vol van getuienisse van gewone mense wat God op een of ander manier beleef en ervaar het.  Ons lees altyd die Bybel, half bekaf, en dink maar ek beleef dit nie so nie.  Wat is fout met my geloof dat ek dit nie soortgelyk ervaring beleef nie. Die probleem is dat ons die Bybel, baie subjektief lees en dit is seker ook reg so.  In ons oë is die Bybelse figure buitengewone gelowiges wat geweldige baie bereik het deur geloof.  In ons eie oë is ons geloof te swak en power en elke mislukking word die bewys van my power geloof.

Ek dink natuurlik dat ons net die sukses verhale raaklees en ook nie bewustelik die mislukkings lees nie, want wie sal sy mislukkings neerskryf.  Geloof is om God te beleef. Party dae is Hy ongelooflik naby en ek ervaar iets van die magtige majesteit van God en ander dae is Hy ver, iewers waar Hy vir My wegkruip in die buitenste duisternis. Dit is nogal normaal en die Bybelverhale beaam dit. Die Bybel is nie vol superhelde nie.  Een van die verse wat ek nogal naby my hou is Paulus se uitspraak “die goeie die wil ek , die slegte die doen ek”, en tog is hierdie man verseker een van die grootste Teoloë wat ooit geleef het.

Hy het Jesus verstaan en was die een persoon wat Jesus se leerstellinge, nie net geïnterpreteer het nie maar wat bowe al dit op ons daaglikse lewe kon toepas.  Een so ‘n leerstelling is die dood eenvoudige seëngroet waarmee die geloofsgemeenskap dwarsoor die wêreld mekaar groet.  “Genade barmhartigheid en vrede vir julle” klink doodeenvoudig soos ‘n bekende sin maar dit is verseker een van die kragtigste seënbede wat ons vir mekaar kan en mag gee.

Genade is die een woord waarop ons kan staatmaak in die lewe.  Dit sê doodeenvoudig dat God was ons genadig want Hy reken ons nie ons oortredinge toe nie.  Hy kyk verby ons wandade, ons geloofsmislukkings, ons hardkoppigheid.  Elke dag is genade. Elke dag is ‘n oorwinning deur genade, elke operasie, elke veilige rit, elke oomblik is Sy genade.  As dit dan waar is, as dit God se hart is, dan kan, nee moet, ek en jy genadig wees, verdraagsaam wees teenoor ander mense. Al hou ek nie van hulle nie.(Self Julius, of is dit nou te veel gevra?)

Barmhartigheid maak dat God elke dag Sy hand na my toe uitsteek. Hy het nie nodig nie, tog ten spyte van ons hardvogtigheid steek Hy sy hand na my toe uit.  Ek verdien dit nie maar sodat jy jou hand na iemand anders toe sal uitsteek.

En Vrede……. Dit is die eending waarna ons smag. Net ‘n bietjie vrede, God se Vrede.  Die vrede wat ons tot rus bring.  In my huwelik, by die werk, met die familie, in ons land wat mekaar uitmoor. Maar belangriker, vrede in myself en met God.  As jy die Bybel lees is dit die een gawe wat bo al die ander uitstaan.  Ons begeer om in vrede te gaan.  Maar ons hoef nie dood te gaan voor ons vrede te ontvang nie, as ons die Heilge Gees toelaat, sal ons agterkom dat  vrede is elke dag moontlik.  Wie of wat steel jou vrede? Hoekom laat ons dit toe dat mense en veral dinge ons vrede steel. Jannie du Toit sing dit so mooi met die toepassing op Dona Nobis Paciem Paciem.  Here gee ons vrede!

Dit is hoekom die geloofsgemeenskap elke sondag, maar eintlik elke dag vir mekaar kan toebid; Genade, Barmhartigheid en Vrede.

Groete van Huis tot huis

10 views0 comments

Recent Posts

See All

Pitkos vir die week - 1 Desember 2020

Pitkos 36 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Oor die wet Sondag 34 Vraag 92: Hoe lui die Wet van die Here? Antwoord: God het al hierdie...

Pitkos vir die week - 24 November 2020

Pitkos 35 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Sondag 31 Vraag 83: Wat is die sleutels van die koninkryk van die hemel? Antwoord: Die ...

Pitkos vir die week - 17 November 2020

Pitkos 34 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Die sakramente Sondag 25 Vraag 65: Terwyl ons slegs deur die geloof deel aan Christus en al sy...

Comentarios


bottom of page