top of page

Pitkos vir die week - 13 Oktober 2020

Pitkos 29 Die Heidelbergse Kategismus (HK)

Deel 2:

Verlossing van die mens

Sondag 5

Vraag 12: Aangesien ons volgens die regverdige oordeel van God die tydelike en ewige straf verdien het, hoe kan ons van hierdie straf bevry en weer in genade aangeneem word? Antwoord: God wil dat daar aan sy geregtigheid voldoen word (a). Daarom moet ons of deur onsself of deur 'n ander ten volle betaal (b). (a)Gen 2:27; Eks 23:7; Eseg. 18:4; Matt 5:26; 2 Tess 1:6; Luk. 16:2. (b) Rom 8:4.

Vraag 13: Kan ons deur onsself betaal? Antwoord: Nee, glad nie; ons maak juis ons skuld elke dag nog groter (a). (a)Job 9:2; 15:15, 16; 4:18, 19; Ps 130:3; Matt 6:12; 18:25; 16:26. Vraag 14: Kan enige ander skepsel vir ons betaal?

Antwoord: Nee, want Ten eerste wil God aan geen ander skepsel die skuld straf wat die mens gemaak het nie (a). Ten tweede kan geen gewone skepsel die las van die ewige toorn van God teen die sonde dra en ander skepsels daarvan verlos nie (b).

(a)Eseg. 18:4; Gen 3:17. (b) Nah 1:6; Ps 130:3. Vraag 15: Hoe 'n middelaar en verlosser moet ons dan soek?

Antwoord: So een wat 'n ware (a) en regverdige (b) mens is, maar nogtans ook sterker as alle skepsels is, dit wil sê wat terselfdertyd ware God is (c).

(a)1 Kor. 15:21: (b) Heb. 7:26. (c) Jes. 7:14; 9:5; Jer. 23:6; Luk. 11:22. Sondag 6 Vraag 16: Waarom moet hy 'n ware en regverdige mens wees?

Antwoord: Omdat die geregtigheid van God eis dat die menslike natuur wat gesondig het, vir die sonde moet betaal (a). Maar die mens wat self sondaar is, kan nie vir ander betaal nie (b). (a)Eseg. 18:4, 20; Rom 5:18; 1 Kor. 15:21; Heb. 2:14-16. (b) Heb2:26, 27; Ps 49:8; 1 Pet 3:18:

Vraag 17: Waarom moet hy terselfdertyd ware God wees?

Antwoord: Om deur die krag van sy Godheid (a) die las van die toorn van God (b) aan sy mensheid te kon dra (c) en vir ons die geregtigheid en die lewe te kan verwerf en teruggee (d). (a)Jes. 9:5; 63:3; (b) Deut. 4:24; Nah 1:6; Ps 130:3. (c) Jes. 53:4, 11; (d) Jes. 53:5, 11.

Vraag 18: Wie is hierdie Middelaar wat terselfdertyd ware God (a) en ware (b) regverdige mens is (c)? Antwoord: Ons Here Jesus Christus (d), wat God vir ons tot wysheid, geregtigheid, heiligmaking en volkome verlossing gegee het (e).

(a)1 Joh 5:20; Rom 9:5; 8:3; Gal 4:4; Jes. 9:6; Jer. 23:6; Mal 3:1: (b) Luk. 1:42; 2:6, 7; Rom 1:3; 9:5; Fil 2:7; Heb. 2:14, 16, 17; 4:15. (c) Jes. 53:9, 11; Jer. 23:5; Luk. 1:35; Joh 8:46; Heb. 4:15; 7:26; 1 Pet 1:19; 2:22, 3:18. (d) l Tim 2:5; Matt 1:23; 1 Tim 3:16; Luk. 2:11; Heb. 2:9..(e) 1 Kor. 1:30. Vraag 19: Waaruit weet jy dit?

Antwoord: Uit die heilige evangelie, wat God self aanvanklik in die paradys bekend gemaak het (a). Daarna het Hy dit deur die heilige aartsvaders (b) en profete (c) laat verkondig en deur die offers en ander seremonies van die wet laat uitbeeld; (d). Eindelik het Hy dit deur sy eniggebore Seun vervul (e). (a)Gen 3:15: (b) Gen 22:18; 12:3; 49:10. (c) Jes. 53; 42:1-4; 43:25; 49:5, 6, 22, 23; Jer. 23:5, 6; 31:32, 33; 32:39-41, Miga 7:18-20; Hand 10:43; 3:22-24; Rom 1:2; Heb. 1:1. (d) Heb. 10:1, 7; Kol 2:7; Joh 5:46. (e) Rom 10:4; Gal 4:4; 3:24; Kol 2:17.

Sondag 7

Vraag 20: Word al die mense dan weer deur Christus salig soos hulle deur Adam verlore gegaan het? Antwoord: Nee; (a); maar slegs die wat deur 'n ware geloof in Hom ingelyf word en al sy weldade aanneem (b).

(a)Matt 7:14; 22:14. (b) Mark 16:16; Joh 1:12; 3:16, 18, 36; Jes. 53:11; Ps 2:12; Rom 11:20; 3:22; Heb. 4:3; 5:9; 10:39; 11:6. Vraag 21: Wat is 'n ware geloof?

Antwoord: 'n Ware geloof is nie alleen 'n vasstaande kennis waardeur ek alles wat God in sy Woord aan ons geopenbaar het (a) vir waar aanvaar nie, maar ook 'n vaste vertroue (b) wat die Heilige Gees (c) deur die evangelie in my hart werk (d), naamlik dat God nie net aan ander nie, maar ook aan my uit loutere genade, slegs op grond van die verdienste van Christus (e), vergewing van sondes, ewige geregtigheid en saligheid (f) geskenk het.

(a)Jak 2:19. (b) Heb. 11:1, 7; Rom 4:18-21; 10:10; Ef. 3:12; Heb. 4:16; Jak 1:6. (c) Gal 5:22; Matt 16:17; 2 Kor. 4:13; Joh 6:29; Ef. 2:8; Fil 1:19; Hand 16:14. (d) Rom 1:16; 10:17; 1 Kor. 1:21; Hand 10:44; 16:14. (e) Ef. 2:8; Rom 3:24; 5:19; Luk. 1:77, 78. (f) Rom 1:17; Gal 3:11; Heb. 10:10, 38; Gal 2:16.

Seën vir julle

Ds. Ryno Hurn

1 view0 comments

Recent Posts

See All

Pitkos vir die week - 1 Desember 2020

Pitkos 36 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Oor die wet Sondag 34 Vraag 92: Hoe lui die Wet van die Here? Antwoord: God het al hierdie gebooie aangekondig (Eks 20:1-17; Deut 5:6-21): Ek is die Here

Pitkos vir die week - 24 November 2020

Pitkos 35 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Sondag 31 Vraag 83: Wat is die sleutels van die koninkryk van die hemel? Antwoord: Die verkondiging van die heilige evangelie en die Christelike tug.

Pitkos vir die week - 17 November 2020

Pitkos 34 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Die sakramente Sondag 25 Vraag 65: Terwyl ons slegs deur die geloof deel aan Christus en al sy weldade kry, waar kom so 'n geloof dan vandaan? Antwoord:

bottom of page