top of page

Pitkos vir die week - 13 Februarie 2019

Pitkos 6

Die Engel in jou

Die grootste Kunstenaar van ‘n paar eeue gelede is sekerlik Micheal Angelo.  Sy naam verraai waarskynlik die hoop wat sy ouers vir hom as kind gekoester het.  Micheal is vernoem na die aardsengel Micheal en volgens die Bybel was dit ‘n baie gesaghebbende figuur.  Waar die aardsengel in die teologiese wêreld inpas, is vir my maar bra onduidelik.  Miskien het die vroeëre gelowiges iets meer verstaan. Terug by die die verhaal van Micheal Angelo is dit nie net sy naam wat besonders was nie maar inderdaad sy van Angelo, is die Latyns /Griekse woord vir die goeie boodskap, die blye boodskap.  Daarom sal U onthou toe daar ‘n nuwe proefvertaling van die Nuwe Testament ‘n klompie jare gelede verskyn het, is dit die Blye Boodskap genoem. (In Grieks sou dit Angelo genoem gewees het.)

Die meer bekende Piëtabeeld in die St Paulus katedraal, het menige toeriste al gedryf om trane af te vee, want die uitbeelding van Maria, die moeder van Jesus wat haar  gekruisigde, gebroke kind op haar skoot vashou en is die skeppingswerk van Micheal Angelo.  Die gesigsuitdrukking, en die emosie is in die marmer vas gevang en self in die klip word die groot hartseer sigbaar.

In Floraans, die stad van ewige drome, staan een van die beste skeppings van Micheal Angelo, nl. die baie bekende Dawid beeld. Hier is vorm en proporsie tot die fynste detail vervolmaak.  Duisende toeriste en kunsstudente reis na Floraans om die beeld te bewonder en hulle tegniek te verbeter.  Dit is egter maar een deel van die storie.  In die sygange van die museum staan verskeie half voltooide en stukkende beeldhouwerke.  Dit leer ons dat die eerste poging nie altyd suksesvol is nie, en dat verskeie kunstenaar gepoog het om die volmaakte beeld te skep.

Die verhale rondom die beeld is dat Micheal Angelo na die berge gereis het en self die stuk marmer gaan uitsoek het. Die marmer het die minste foutlyne want ‘n foutlyn beteken dat jou beeld uitmekaar kan spat die oomblik as jy begin timmer daaraan. Die blok marmer moes met uiters primitiewe metodes uit die berg gesleep word na die plek waar Micheal Angelo daaraan begin werk het.

Die groot vraag is hoe weet ‘n kunstenaar wat die ruwe blok marmer gaan word.  Die vraag is een keer aan ‘n heelwat nuwer kunstenaar gevra wat ‘n engel uit klip gekap het.  Hierop het hy stil geword en gesê, ek sien ‘n engel in die klip. 

Miskien is dit wat God sien wanner Hy na ons kyk.  Hy sien nie die ruwe klip raak nie, Hy sien dat die klip ‘n Engel gaan word.  Daar moet nog baie kapwerk en skaafwerk en polleerwerk gedoen word maar in Sy kop sien hy die potensiaal raak.  God sien kans om van jou die mooiste beeld te maak.  Dit het Hy aan die kruis kom doen. Hy is besig met ons, Hy kap met sy bytel ,skryf WEG Louw.  Die wonder is dat God net die onverwerkte raak sien nie,  Hy sien die engel in jou raak.  Daarom is Hy voordurend besig om aan jou te bytel  en te kap, op soek na die engel in jou.

Miskien is dit tyd dat jy self die engel in jouself begin raaksien, dit wat God raaksien en saam met Hom na mooie en die skone sal soek.  God sien jou eintlik soos jy is.

Groete van Huis tot huis    

Piet Marais 0832590023

1 view0 comments

Recent Posts

See All

Pitkos vir die week - 1 Desember 2020

Pitkos 36 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Oor die wet Sondag 34 Vraag 92: Hoe lui die Wet van die Here? Antwoord: God het al hierdie gebooie aangekondig (Eks 20:1-17; Deut 5:6-21): Ek is die Here

Pitkos vir die week - 24 November 2020

Pitkos 35 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Sondag 31 Vraag 83: Wat is die sleutels van die koninkryk van die hemel? Antwoord: Die verkondiging van die heilige evangelie en die Christelike tug.

Pitkos vir die week - 17 November 2020

Pitkos 34 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Die sakramente Sondag 25 Vraag 65: Terwyl ons slegs deur die geloof deel aan Christus en al sy weldade kry, waar kom so 'n geloof dan vandaan? Antwoord:

bottom of page