top of page
Ng Kerk Valhalla

Pitkos vir die week - 12 Junie 2019

Pitkos 24

Om seker te wees

Vir baie mense is dit belangrik dat hulle ‘n datum het van hulle bekering.   Dit gee soort van ‘n finale antwoord, “ek behoort aan die Here” en dit gee natuurlik ‘n stuk sekuriteit maar ook ‘n versekering dat die Here my aangeneem het. Jy kan dit natuurlik omdraai; ek het die Here op die datum aangeneem.  Die gevaar met die laaste stelling is dat bekering (en ek hou nie van die woord nie) is my werk en is my handeling.  Soos in die geval van Paulus is dit God aan die werk.  Hy is alleen handelingsbevoegd om jou vas te gryp.  Ons ontdek maar net dat Hy dit gedoen het, sonder al my vroom praatjies en vroom dade.  Dade beïndruk nie God nie, nee Hy handel alleen op grond van sy liefde vir alle mense (sondaars).

Maar jy het ‘n datum, almal van ons.  Toe hulle vir Karel Barth, een van die grooste Teoloë van die vorige eeu gevra het, waar het jy tot bekering gekom het hy koelweg geantwoord, op Gogota.  Maar jy was nie daar nie, het hulle gesê. Maar natuurlik ons was almal daar.  Elke Sondaar was daar.  Ons het Hom dan gekruisig!  Daar het ons tot bekering gekom.  Soos die stomme Romeinse soldaat wat na die kruisiging gesê het; waarlik hierdie is die Seun van God.  So, dit is ons datum, so ongeveer 33nc.

Ons sekerheid berus nie op gevoelens of sentimente nie, maar op die daad van God in Christus.  As ons dit nie aanvaar nie, as ons dit nie vertrou nie, sal ons nooit sekerheid oor onsself kan hê nie.  Ons geloof is soos die effektebeurs vandag op en môre af.  Sentimente en emosies is te wankelmoedig.  Nou verstaan ons hoekom sommige gelowiges (en ek het groot simpatie met hulle), elke keer na nuwe bewyse, nuwe emosies soek om hulle geloof te bevestig.  Dan word dit een of ander nuwe geloofspad of gebedsreis of om jouself stukkend te slaan met swepe “soos Christus te suffer” sê iemand vir my.  Ek kan alleen glo as ek iets van sy “suffering” ervaar het.  Ons het ‘n kosbare vriendin wat nou al 13 keer in die Jordaan gedoop, is elke keer as sy daar verby kom. Wat sê sy eintlik; Here ek vertrou jou nie.

Die kruisdood van Jesus verander nooit nie.  Hy het eenmalig vir ons gesterf.  Moet Hom nie weer en weer kruisig nie. Heb7:27 se dit glashelder “Hy het immers eens en vir altyd ‘n offer vir die sondes gebring toe Hy homself geoffer het”.  

Daarom is dit nie noodsaaklik dat ons die presiese dag en datum van ons bekering ken nie.  As jy dit wel ken wonderlik.  Dit is belangriker dat jy besef dat God het eerste Sy hand na jou toe uitgesteek het, en toe jy Sy liefde ontdek het, het jy daarop gereageer.

Dit is presie wat Pinkster is, wannner jy daarop regeer en toelaat dat Sy Gees jou bekwaam maak en toerus om hierdie sekerheid, hierdie bevestiging van Sy liefde aan die wêreld oor te dra en dit te leef.

Leef Kerk Hou vas aan jou datum: 33nc.

Van Huis tot huis

10 views0 comments

Recent Posts

See All

Pitkos vir die week - 1 Desember 2020

Pitkos 36 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Oor die wet Sondag 34 Vraag 92: Hoe lui die Wet van die Here? Antwoord: God het al hierdie...

Pitkos vir die week - 24 November 2020

Pitkos 35 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Sondag 31 Vraag 83: Wat is die sleutels van die koninkryk van die hemel? Antwoord: Die ...

Pitkos vir die week - 17 November 2020

Pitkos 34 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Die sakramente Sondag 25 Vraag 65: Terwyl ons slegs deur die geloof deel aan Christus en al sy...

Comments


bottom of page