top of page

Pitkos vir die week - 11 Julie 2019

Pitkos 28

Daar is ‘n baie bekende Griekse spreekwoord wat se “ta panta rei kai ouden menei”; alles vloei en niks bly dieselfde nie. Heraclitus wat die uitspraak gemaak het, het net eenvoudig ontdek wat ons almal maar te goed ken en soos baie ouer persone sal opmerk, “dit gebeur al vinniger”. Ons wêreld, ons samelewing en ook ons geloof verander daagliks. Dit is nie noodwendig verkeerd nie, maar dit daag ons elke dag uit om nuut te dink en om nuut oor geloof na te dink. Geloof het uiteraard radikaal verander sedert die Isrealiete in die woestyn God ontdek het. Toe was God in ‘n wolk en snags was Hy in ‘n helder lig, amper soos die groot ligte wat oor die informele nedersetting hang om mense meer veilig te laat voel.

Toe word God vasgevang in die “Wet”(Tora), en die wetboek beland in die verbondsark en van toe af is God in die verbondsark met goue Gerubs wat daaroor waak. Waar die verbondsark beweeg, daar is God en uiteindelik word dit in die Tempel van Salomo gesit en hulle sluit hom in die tempel toe (lees Kerk). Dit is hoe mense God beleef en ervaar het. Dit was hoe hulle God gesien het. Geen wonder hulle het die Wet aanbid en die God agter die Wet vergeet. Dit is vandag ook maar nie veel anders nie.

Alles verander onherroeplik en ons insig en ervaring van God het radikaal verskuif van die Ou Testament en die antieke wêreld. Ons het sedert Pinkster die radikale ervaring en belewenis, dat God met ons is, nee in ons is. Vir ‘n antieke Jood sou dit sonde wees, sonde tot die dood. Ons beleef dat hierdie God in sy magtige nabyheid in my lewe is, nader as die klere aan my liggaaam, nog nader, in my is. Daarom is die werk van sy Gees baie sigbaarder, voelbaarder in ons lewe. Ons het nie meer nodig om te gaan offer voor ‘n houtboks waarin God sou wees nie. Vir die primitiewe Israeliete wat nie kon lees en skryf nie was dit iets om aan vas te hou. Ons het almal ‘n Bybel, die Woord wat vandag met my en jou praat. Ons lees meer as enige ander geloofgroep in die wêreld en ons wêreld en beeld van God verander daagliks.

Ek kan nie verstaan dat gelowiges daarop aandring om terug te keer na die Bybel, met die bedoeling dat ons na die Ou Testament feeste en wetsbepalinge moet terugkeer, op soek na die “ware geloof” en inderdaad “die ware God” Dit is net daar dat ek geloof opgee. Alles het verander en ons lewe in ‘n wêreld vol atome en ons sal die sogenaamde Highs bousson (god particle) ontdek. Ons sal mense na Mars en baie ander vreemde plekke toe stuur. Ons sal nog met met genetika en stamselle al die fabrieksfoute op ons liggame kan herstel.

Dit maak dat ons God met ander verwonderings oë sal aanskou, en dat ons die Bybel met ons vandag- oë moet lees nie met die oog van ‘n Isrealiet wat 40 jaar in die woestyn geswerf het nie. Maak dit ‘n verskil? Ek dink dit gaan ons baie nader aan die waarlike liefdevolle God bring wat Jesus vir ons kom verkondig het. HY was immers die beste voorbeeld van hoe God lyk en opgetree het want Hy was God. Want alles verander! Hy het ons dit kom leer.

Daarom is dit nodig dat ons meer volwasse optree as gelowiges wanneer ons van mekaar verskil. Ons gooi mos mekaar met die Bybel en “skriffies” wat uit verband gebruik is. Ons dink dat daar net een verstaan van die Bybel bestaan en ons besit dit. Ons verstaan eintlik nog so min van die magtige God.

Dit is die, dat ons oor groot klippe struikel wanneer ons antwoorde soek oor baie vrae. Gaan vra gerus vir gelowige lidmate wat Gay is en hulle vra hoekom moes dit met my gebeur? Ek het dit nie gekies nie! Ons lees die Bybel met ou wêreld se oë toe slawerny nog goedgekeur is en vroue hoofbedekkings gedra het en vroue mishandel is as voorwerpe van sex (Ou Testament). Ek kan nie meer terugkeer na die Ou Testament se teologie nie, want die wêreld het verander en ons verstaan van God het verander.

Lees die Bybel met jou oë soos wat God jou lei en leef geloof in 2019. Die antwoord lê dalk in die eerlike daaglikse soeke na die waarheid. Leef kerk.

Van Huis tot huis

5 views0 comments

Recent Posts

See All

Pitkos vir die week - 1 Desember 2020

Pitkos 36 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Oor die wet Sondag 34 Vraag 92: Hoe lui die Wet van die Here? Antwoord: God het al hierdie gebooie aangekondig (Eks 20:1-17; Deut 5:6-21): Ek is die Here

Pitkos vir die week - 24 November 2020

Pitkos 35 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Sondag 31 Vraag 83: Wat is die sleutels van die koninkryk van die hemel? Antwoord: Die verkondiging van die heilige evangelie en die Christelike tug.

Pitkos vir die week - 17 November 2020

Pitkos 34 Die Heidelbergse Kategismus (HK) Die sakramente Sondag 25 Vraag 65: Terwyl ons slegs deur die geloof deel aan Christus en al sy weldade kry, waar kom so 'n geloof dan vandaan? Antwoord:

bottom of page