top of page

PREEK 9 Augustus 2020 – DS. RYNO HURN

Kerkklok lui

  • Reformasie lied

Verwelkoming: Aankondigings:

  • Vrouedag

  • Verjaarsdae

Ferreira Willem 08/ 09 Peyper Doreen 08/ 11 Botha Thinus 08/ 12 Broodryk Jan 08/ 12 Sothmann Pia 08/ 12 Van Niekerk Richard 08/ 12 Schoeman Francis 08/ 13 Van der Berg Henrico 08/ 13 Vlok Tomrin 08/ 14 Scheepers Anlia 08/ 15 Van Niekerk Nelia 08/ 15 Gebed: Votum: LB 515 Soms kyk ons soekend om ons rond ons smag na sin en vrede. Ons voel oorspoel deur sinloosheid in ons gejaagde lewe. Ons kom tot U, wat deur u Seun ons roep tot sin en vrede. Om U te ken, bring waarlik sin ons gejaagde lewe. Bewaar my van my sin te soek en my gejaagde lewe. Laat my alles op U vertrou – die bron van sin en vrede. Seëngroet: Gemeente, God is vanoggend hier teenwoordig en ek groet julle in die naam van God die Vader, Seun en Heilige Gees. Wet: Hoe lyk die lewe? Daar is ’n hele paar kras woorde wat gebruik kan word om die lewe en veral die jaar 2020 te beskrywe. Ek moet bely dat daar dae is wanneer ek wonder hoe hierdie tyd ons gaan vorm: emosioneel, finansieel, land gewys, gemeente gewys. Behalwe die feit dat hierdie tydperk die mens en al sy tekort komming kom uitwys, kom wys dit ook in ’n baie groot mate die kerk sin en veral ook ons land sin uit. Hierdie tyd wys vir ons van watter waarde goeie sisteme en leiers is, om vertroue in die persoon langs jou te hê en om geloof in God te hê. Hoe lyk jou lewe? Is jy gelukkig? Is jy tevrede? Lewe jy met ’n lied op jou lippe of ’n sug in die hart? Amos 5:14 – “Soek wat goed is, en nie wat sleg is nie, sodat julle kan lewe en die HERE, die God van die leërskare, só met julle kan wees soos julle sê.” Lied:

  • Ek soek U o God.

  • Hier is ek

Skriflesing: 1 Korintiërs 10: 31 1 Korintiërs 10:31 Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God. Tema: Moenie so sug nie, die lewe is ’n lied (Net tot eer van God) Wat maak ons hier? Hoekom is ons op hierdie aarde? Wat is die rede vir ons bestaan? Waarom leef ons? Prediker sê dat al die dinge waarmee ons onsself so besig hou, ja, die soek na eer, geld, plesier en wat nog alles, maar net ʼn gejaag na wind is. Hoekom moet ek amper elke dag van my lewe werk toe gaan en groot stuk frustrasie daar beleef? Dis nie net jonger mense, wat hierdie vrae vra nie, maar ook ouer mense wil partykeer weet: - hoekom is ék nog steeds hier? Hoekom is ek nie ook al, soos baie van my tydgenote, of my man en vrou, al weggevat nie? Hoekom moet ek elke dag met my kleine ou pensioen struikel om aan die lewe te bly? Die meeste van ons lewe op die huidige oomblik met ’n sug in die hart en daarom soek ons op verskillende plekke antwoorde rakende die sin van die lewe: dalk soek jy ’n antwoord by jouself – ek leef vir myself; ek leef om soveel as moontlik geluk vir myself bymekaar te maak; ek leef om soveel as moontlik van my eie behoeftes en begeertes en ideale vervul. Ons kan ook ’n godsdienstige egosentriese antwoord kry: ek is slegs ’n kind van God sodat dit hier op aarde met my goed sal gaan en ek dien die Here sodat ek nie eendag hel toe sal hoef te gaan nie; godsdiens is daar om vir my tydelike en ewige geluk te waarborg. ’n Humanistiese antwoord: ek leef nie vir myself as individu nie, maar ek en al die ander leef ter wille van mekaar. Ons kan ook ’n antwoord by evolusie kry: daar’s geen spesifieke rede waarom ons bestaan nie; niemand het ons met ’n spesifieke doel gemaak en hier op aarde gesit nie; ons is maar net ’n toevallige en ’n tydelike produk van ’n redelose, rigtinglose, lukrake kombinasie van atome. Wat ’n angswekkende plek om ’n antwoord te kry. Ons sluit vanoggend ons reeks met die Solas af en daarom kan ons ook vanoggend die sin gaan soek by die 5de sola – soli Deo gloria – aan God al die eer. 1 Kor. 10:31 “Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God.” Dit is die sin van die lewe! God se doel met ons lewens is om vir Sý eer te leef. Jou doel op aarde is nie net om geld te maak, elke dag, heeldag voor ’n rekenaar te sit of in vergaderings te sit, of om kinders groot te maak, of om met bekommernis te leef nie, nee, ons doel op aarde is “Soli Deo Gloria” In die tyd toe Martin Luther die 5 solas saamgestel het, was daar ’n groot leun wat in die samelewing geheers het: jy moet die kerk en sy leiers verheerlik. Jy moet die Pous en die sisteem eerbiedig. Daar was geglo dat indien God sou bedank uit die kerk, sou niemand omgegee het nie. Hulle het geglo om God te verheerlik is om ’n kersie op te steek – ’n minimum takie wat verrig moet word sonder dat jou hart betrokke raak. Ons doel, soos wat 1 Kor. 10 dit vir ons stipuleer is om God te eer met alles wat ons het en alles wat ons doen. Hoe is so iets in ons hedendaagse tyd moontlik? Hoe moet ek dit doen as ’n groot gedeelte van my tyd ingaan in “Soli Meo Gloria” – my eer is die hoogste strewe!? Meeste van ons se dae begin reeds 5h/6h die oggend en dan gaan slaap ons eers 11h die aand. Baie van julle voel dat julle nie God kan verheerlik deur julle werk nie, want met die spoed waarmee jy werk en die tiepe mens met wie jy werk maak dit amper onmoontlik om eers aan God te dink. Beteken dit ek moet eerder my werk los en ’n sendeling in Afrika word om God te verheerlik, om my bestaansdoel uit te lewe? Nee glad nie. Omdat ons hoofdoel is om God te verheerlik stel dit ons in staat om te werk, want ons kan vanuit ons werk situasie, God verheerlik. Genesis 2:2 lees: “Op die sewende dag was God reeds klaar met die skeppingswerk en het Hy gerus na al die werk wat Hy gedoen het” die Hebreeuse vertaling praat letterlik van ’n arbeidswerk waarmee God besig was en steeds is. Omdat God ’n werkende God en omdat ons sy skepping is, beteken dit ook dat ons ’n werkende skepping, werkende mense is, so dit is vir ons moontlik om deur ons werk, deur ons daaglikse take God te eer. So die vraag wat ons nou vir mekaar moet vra is: Hoe eer ek God agter ’n rekenaar skerm of in verkeer sit? Hoe eer ek God as ek ’n gevange in my eie huis is? Daar is iets omtrent God wat ons soms moeilik vind om te verwoord. Dit maak Hom as God bekend; dit maak Hom oorweldigend indrukwekkend; dit laat ons besef dat Hy groter en wonderliker is as enige iets anders. Party verwoord hierdie “iets”, met majesteit, misterie, vrees, verwondering, liefde, genade. Die eerste manier hoe ons God kan eer, is deur dit wat God, God maak, te erken. Buig daarvoor neer! Moedig ander deur jou leefwyse aan om in jou voorbeeld te volg. Wees eerlik in jou werk, want ons aanbid ’n eerlike God. Werk in liefde met mekaar, want ons aanbid ’n liefdevolle God, moenie geld of status najaag nie, want in Eksodus 20: 5 sê God vir ons dat Hy eis onverdeelde trou toe van ons. Die Hebreeus lees dat Hy ’n jaloerse God is. Leef jy ’n eerbiedige lewe voor God? Leef ons tans so dat ander sê “ek beleef iets van God se grootheid, sy misterie, iets van Sy Majesteit, deur my kollega, my baas, my man, my vrou se gedrag”? As ons nie leef met die doel van Soli Deo Gloria voor oë nie, verstaan ons nie die voorafgaande 4 solas nie: geloof, genade, Jesus Christus en die Woord. Ons word GERED uit GENADE alleen deur GELOOF alleen in CHRISTUS alleen volgens die WOORD alleen tot EER VAN GOD alleen. Elke dag van ons lewe moet ons met ons hele hart uitroep: SOLI DEO GLORIA – AAN GOD ALLEEN AL DIE EER! Amen Gebed: Seën: Lied: Gemeente kom ons gaan hierdie week binne met ’n paar lofliedere. Medley 3

This email was sent to johan.rooyen@gmail.com why did I get this? unsubscribe from this list update subscription preferences NGValhalla · H/v Fergus en Botma Straat · VALHALLA · Pretoria, GP 0185 · South Africa


51 views0 comments

Recent Posts

See All

PREEK 18 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Aankondigings: Gebed: Votum: Psalm 103:1 -2 ‘n Psalm van Dawid. Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die HERE, o my siel, en vergeet

PREEK 11 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Aankondigings: Votum: “Ons hulp is in die Naam van die Here, wat hemel en aarde gemaak het. Mag wat ons sê en wat ons dink tog vir U aanneemlik wees, Here, ons Rots en ons Verlosse

PREEK 4 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Speel die video wat vroeër die jaar op Facebook geplaas is. Oomblik van stilte en waardering vir die saamwees. ’n Oomblik van inneem. Votum: Voorganger: Ewige God, U het ons geroep om le

bottom of page