top of page

PREEK 2 Augustus 2020 – DS. RYNO HURN

Kerkklok lui Lied: Reformasie lied Verwelkoming: Aankondigings:

  • Nagmaal viering

  • Steeds voorbidding vir tannie Yvonne Jovner vir haar gesondheid

  • Vrygee

Verjaarsdae Geers Hanru 08/ 02 Lourens Patrys 08/ 03 Bezuidenhout Shané 08/ 05 Scholtz Connie 08/ 06 Visser Riana 08/ 06 Janse Van Rensburg Lindie 08/ 08 Joubert Kittie 08/ 08 Spies Heleen 08/ 08 Aanvangswoord Psalm 123:2 Soos die oë van 'n slaaf gerig is op die hand van sy eienaar, soos die oë van 'n slavin gerig is op die hand van haar eienares, so is ons oë gerig op die Here ons God, totdat Hy Hom oor ons ontferm. Seëngroet: Lied: Medley 1 Wet: Gemeente ons gesels vandag saam rakende die tema: Sola Scriptura. Woord alleen. Daarom nooi ek julle almal uit om saam met vir ’n oomblik na te dink wat die Woord vir jou beteken en dan kan jy saam met die Nederlandse Geloofsbelydenis artikel 3 en 7 saam my bely as Wet Artikel 3 DIE GESKREWE WOORD VAN GOD Ons bely dat hierdie Woord van God nie deur die wil van ’n mens gestuur of voortgebring is nie, maar die heilige mense van God het dit, deur die Heilige Gees gedrywe, gespreek, soos die heilige Petrus sê (2 Petrus 1:21). Daarna het God deur sy besondere sorg vir ons en ons saligheid sy knegte beveel om sy geopenbaarde Woord op skrif te stel, en Hy self het met sy vinger die twee tafels van die wet geskrywe. Daarom noem ons sulke geskrifte die heilige en Goddelike Skrif. Artikel 7 DIE VOLKOMENHEID VAN DIE HEILIGE SKRIF Ons glo dat hierdie Heilige Skrif die wil van God volkome bevat en dat alles wat die mens vir sy saligheid moet glo, daarin voldoende geleer word. Aangesien die hele wyse waarop God deur ons gedien moet word, daarin breedvoerig beskrywe word, mag ook niemand, selfs nie die apostels nie, anders leer as wat ons reeds deur die Heilige Skrif geleer word nie - ja, al was dit ook ’n engel uit die hemel, soos die apostel Paulus sê (Galasiërs 1:8). En aangesien dit verbode is om iets by die Woord van God by te voeg of daarvan weg te laat (Deuteronomium 12:32), blyk dit duidelik dat die leer daarvan heeltemal volmaak en in alle opsigte volkome is. Ons mag ook geen geskrifte van mense, hoe heilig die mense ook al was, met die Goddelike Skrif gelykstel nie; ook mag ons nie die gewoonte of die groot getalle of oudheid of opvolging van tye of van persone of kerkvergaderings, verordeninge of besluite met dié waarheid van God gelykstel nie, want die waarheid is bo alles. Alle mense is immers uit hulleself leuenaars en nietiger as die nietigheid self (Psalm 62:10). Ons verwerp daarom met ons hele hart alles wat nie met hierdie onfeilbare reël ooreenkom nie, soos die apostels ons leer as hulle sê: '...maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is' (1 Johannes 4: 1), en: 'As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie...' (2 Johannes:10). Skriflesing: Hebreërs 4:12-13 12 Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. 13 Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee Tema: Ontdek hoe om te leef Prediking: Gedurende die week ter voorbereiding vir vanoggend se erediens, het ek baie vinnig agtergekom dat ons met 4 verskillende wêrelde te make het.

  • Eerstens die wêreld van die Hebreërs brief en al hulle omstandighede;

  • Tweedens moet die wêreld en die rede vir die ontstaan vir die vierde Sola, sola Scriptura in ag neem word;

  • Derdens betree ons ons eie wêreld;

  • En laastens omdat ons nagmaal vier, betree ons ook die wêreld van Jesus se laaste 24 uur.

Die vier verskillende wêrelde ontmoet mekaar vandag en wil saam deur die werking van die Heilige Gees iets in ons harte indring. Eerstens die wêreld van die Hebreërs brief en al hulle omstandighede; Die brief aan die Hebreërs word geskrywe aan huisgemeentes in ’n stad in Italië, waarskynlik Rome. Dit is ’n Boodskap van aansporing en bemoediging aan ’n diverse groep gelowiges wat onder baie druk verkeer. Hoewel hierdie gelowiges die verligting van die Heilige Gees en die “goeie woord van God gesmaak het” (hfst. 6:4-5), het hulle ironies genoeg “traag geword om te luister” (hfst. 5:11) en onder andere ’n “behoefte aan melk en nie vaste kos nie” (hfst. 5:12) gehad. Hoekom? Dit is duidelik dat hulle baie teenstand in die gemeenskap ervaar het. Hulle is nie net “deur beledigings en verdrukking openlik bespotlik gemaak” nie, maar daar is ook vroeër op hulle besittings beslag gelê. Baie van die gelowiges het dus die gevaar geloop om weens hierdie volgehoue druk uit die publieke gemeenskap van die geloof en die geloofsgemeenskap afvallig te raak. Daarom die skrywe aan die Hebreërs. Gelowiges het dalk ’n dubbele lewe gelei. Dalk as huiskerk vir mekaar gesê dat hulle gelowiges is, maar in die publieke oog, alle geloof in Christus ontken. Daarom die woorde: “Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg...Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie Wat was die rede vir die ontstaan van die vierde Sola, sola Scriptura? Aanvanklik tot en met 1054 was daar net een Christelike kerk, met gemeentes verspreid in Noord-Afrika, Midde-Ooste, Asië en Wes-Europa. In die jaar 1054 het die Christelike kerk egter in twee geskeur wat gelei het tot die totstandkoming van die Oosterse Ortodokse kerk en die Westerse (Katolieke) Kerk. Vanuit die “ou” Westerse kerk, met Rome as die hoofkwartier, het die Protestantse-kerkbeweging (Hervorming) in die 15de en 16de eeu ontwikkel. Martin Luther het 3 sterk argumente gevoer vir die ontstaan van Sola Scriptura: Eerstens het hy gesê dat die Bybel gesag oor die kerk het en dat jou kerkleiers en predikers nie belangriker is as die Woord nie. Tweedens het hy sterk aangevoer dat die Woord genoegsaam is en dat jy nie ander tradisies en gebruike nodig het om van God en sy verlossingswerk te leer nie. Laastens, die Woord is duidelik genoeg dat elke persoon die reg en voorreg moet hê om self toegang tot die Woord te hê en daardeur nie afhanklik hoef te wees van enige Pous en kerkleier nie. Ons eie wêreld Ons tema vanoggend: ontdek hoe om te leef! Ek moet sê dat vir my wil voorkom of ons as samelewing weet nie meer hoe om te lewe nie. Ek het dit al voor die inperking opgelet, maar dit is veral nou in hierdie baie moeilike tyd wat dit voorkom of ons verleer het hoe om te lewe en veral hoe om te lewe met die Bybel as rigtinggewer. Ons weet nie meer hoe om met mekaar om te gaan nie, ons sukkel om te onderskeie tussen wat reg en verkeerd is, ons sukkel om te verstaan wat ons as individue, maar ook ons as kerk se doel is. Ons lewe in vrees en kommer. Ons verstaan nie die dinge wat aangaan nie. Wat ek ook agter kom is dat virus en alles wat met hiermee gepaard gaan ’n baie groot inpak in ons lewens het en daarmee saam weet ons nie hoe om dit te hanteer nie. Nes die omstandighede van die Hebreërs, bevind ons onsself ook in baie unieke en uitdagende tye. Wat ons egter nie moet vergeet en afskeep in hierdie tyd nie is juis die feit en bemoediging dat die Woord van God ons leer en begelei hoe om te lewe. Die Woord van God spreek lewe en daarom is Sy Woord kragtig. Wanneer ons gaan ontdek hoe om te lewe deur die Woord, dan gaan ons agterkom dat die hierdie woord nie net kennis oordra nie. Dit skep lewe. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Die Griekse woord vir swaard word ook gebruik vir 'n slagmes of ‘'n chirurgiese mes. Die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg is nie 'n skeiding tussen siel en gees, en gewrigte en murg nie. Dit is 'n insnyding binne-in hierdie dele self. Dit vlek oop. So word ons diepste lewensgeheim blootgelê. Wanneer God se spreke my deur sy Gees tref, is daar tot in my murg niks wat ek kan wegsteek nie. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. Die Griekse woord vir beoordeel is om te kritiseer. Die Woord is dus letterlik die kritikus wat ons bedoelings en gedagtes analiseer en beoordeel. Gemeente, Skizzels het weer vanoggend vir ons ’n video ingestuur om met ons jongmaats en ek dink veral vir vanoggend met ons mammas en pappas te gesels. Kindermoment: Hallo ds. Ryno, hallo julle almal. Ds. Ryno het die week vir my gevra of ek gereeld Bybel lees en of mamma en pappa gereeld saam met my Bybel lees. Antwoord: nee Ds. Ryno het vir my 2 toeps gewys:

  • Bybel vir kinders

  • Bible for kids

Nagmaal: Ek nooi elkeen van julle nou uit om vanoggend saam met my deel te hê aan die viering van Christus se liggaam. Die lewende WOORD. Ek gaan nou vir ons voortgaan in gebed, waarna ek vir ons die Nagmaal sal instel. U. is dan meer as welkom om daar waar u, uself bevind, saam die res van die gemeente na te dink oor die betekenis en opoffering van die brood en wyn en dit dan te gebruik. Gebed: Instelling Die Here het self die nagmaal ingestel. Daarvan getuig Paulus: “Ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het: Die Here Jesus het in die nag waarin Hy oorgelewer is, brood geneem en, nadat Hy God daarvoor gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: ‘Dit is my liggaam; dit is vir julle. Gebruik dit tot my gedagtenis.’ Net so ook het Hy ná die maaltyd die beker geneem en gesê: ‘Hierdie beker is die nuwe verbond, wat deur my bloed beseël is. Gebruik dit, elke keer as julle dááruit drink, tot my gedagtenis.’ Elke keer as julle van hierdie brood eet en uit die beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.” Die gebruik van die Brood Die brood wat ons breek, is die gemeenskap met die liggaam van ons Here Jesus Christus. Breek dit, deel dit en neem die brood, eet, dink daaraan en glo dat Sy liggaam gebreek is tot 'n volkome versoening vir al ons sondes. Die gebruik van die Wyn Die beker van danksegging is die gemeenskap met die bloed van ons Here Jesus Christus. Skink dit, deel dit, neem die wyn, drink, dink daaraan en glo dat sy kosbare bloed vergiet is tot '’n volkome versoening vir al ons sondes. Dankgebed Gebed: Seën:

This email was sent to johan.rooyen@gmail.com why did I get this? unsubscribe from this list update subscription preferences NGValhalla · H/v Fergus en Botma Straat · VALHALLA · Pretoria, GP 0185 · South Africa


18 views0 comments

Recent Posts

See All

PREEK 18 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Aankondigings: Gebed: Votum: Psalm 103:1 -2 ‘n Psalm van Dawid. Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die HERE, o my siel, en vergeet

PREEK 11 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Aankondigings: Votum: “Ons hulp is in die Naam van die Here, wat hemel en aarde gemaak het. Mag wat ons sê en wat ons dink tog vir U aanneemlik wees, Here, ons Rots en ons Verlosse

PREEK 4 OKTOBER – DS. RYNO HURN

Verwelkoming: Speel die video wat vroeër die jaar op Facebook geplaas is. Oomblik van stilte en waardering vir die saamwees. ’n Oomblik van inneem. Votum: Voorganger: Ewige God, U het ons geroep om le

bottom of page